Hoe ver moet jy soek?
Hoe ver moet jy soek?
geskryf deur Zander van der Westhuizen
As ek jou sou vra of jy iemand ken wat jou aan Jesus herinner - hoe ver sal jy moet soek?
Kan jy iemand, sommer vinnig, op die naam noem wat werklik 'n lewe volg wat naby is aan hoe die evangelies Jesus uitbeeld? 'n Persoon wat liefde bewys, niks uit eiegeregtigheid of selfsug doen nie en altyd daarop uit is om God se koninkryk te wys aan ander.
En hier is die dieper vraag: ken jy Jesus self goed genoeg dat jy Hom in iemand sou kon uitwys of raaksien?
Die Stradivarius viole is die mees gesogte instrumente van hul soort. Hulle is moeilik om te bekom want niemand maak meer die viole nie. Die kuns oor hoe om die viole te maak het verlore geraak.
Jare gelede het 'n artikel in Physics World die verskynsel só verduidelik:
Is there really a lost secret that sets Stradivarius violins apart from the best instruments made today? After more than a hundred years of vigorous debate, this question remains highly contentious, provoking strongly held but divergent views among players, violin makers and scientists alike.
The violin is the most highly developed and most sophisticated of all stringed instruments. It emerged in Northern Italy in about 1550, in a form that has remained essentially unchanged ever since. The famous Cremonese violin-making families of Amati, Stradivari and Guarneri formed a continuous line of succession that flourished from about 1600 to 1750, with skills being handed down from father to son and from master to apprentice. The popular belief is that their unsurpassed skills, together with the magical Stradivarius secret, were lost by the start of the 19th century.
Die kuns om hierdie viole te maak het verlore gegaan omdat die kuns nie oorgedra was aan die volgende generasie nie. Iewers het die seuns opgehou om die kuns aan te leer - die geheim - wat nie in boeke opgeskryf kan word nie. En nou kry geen wetenskaplike dit reg om hierdie viole na te maak nie.
Die proses om 'n kuns ('n spesifieke wyse om iets te doen) aan te leer, word oorgelewer van 'n meester na 'n dissipel (student). Die dissipel leer dit, wat nie in boeke geskryf kan word nie, by 'n meester aan. So word die geheimenis van geslag tot geslag oorgedra.
Jesus het so 'n geheimenis oorgedra aan Sy dissipels. Hulle het Sy "kuns", "taal" of "weg" aangeleer deur Hom te leer ken en te sien hoe Hy met wysheid elke dag leef. Dit is die wyse waarop hulle die lering oor God se koninkryk aangeleer het.
Jesus het vir Sy dissipels gesê: Gaan maak julle nou ook dissipels! Met ander woorde: gaan leer vir julle studente nou my manier van leef.
Dissipelskap is essensieel tot die hart van die evangelie. Elke Christen is 'n student wat die "kuns", "taal" of "weg" van die Groot Leermeester moet aanleer en oordra aan ander.
Dissipels leef en leer hierdie "weg" aan vir die volgende student wat ook Jesus se manier van lewe wil volg, wat in Hom glo en daarom kies om Hom te volg!
Ek vra jou weer: Hoe ver moet jy soek om 'n ware dissipel van Jesus te sien in ons gemeenskap? Word die "kuns" van Jesus nog oorgedra na 'n volgende student of volgende generasie?
As jy nie hierdie “weg” oordra nie kan dit gebeur dat, soos die Stradivarius viole, die geheimenis van die koninkryk van God verlore kan gaan.