Die krag van liefde
geskryf deur Dr Zander van der Westhuizen
Ek kry 'n verkeersboete. (Ja! Ek kry hulle ook). Ek was te haastig deur die Karoo en opgewonde om my skoonma te sien.
Ek skakel die Beaufort-Wes munisipaliteit en 'n vriendelike dame antwoord en verduidelik hoe ek te werk kan gaan om die boete te betaal. Sy stuur 'n epos en ek stuur die betalingsbewys terug.
Na 'n paar minute ontvang ek 'n ander e-pos van iemand wat werk by die verkeersdepartement. Hy het gesien ek betaal die boete en het my herken van Die Groot Ontbyt se inspirasie-insette op Kyknet. Dié vriendelike man wil net vir my dankie-sê vir die mooi boodskappe. Hy skryf nog 'n paar sinne oor wat dit vir hom beteken. Vandag wil hy my net bemoedig. Hy weet 'n mens ontvang gewoonlik net negatiewe terugvoer van mense af, maar hy wil hê ek moet weet dat baie mense dit wat ek doen waardeer.
Dit het vir my soveel beteken.
Hier is 'n onbekende, onverwagse skrywer wat op so 'n mooi manier my bedank. En dit nadat ek 'n verkeersboete in SA (vir 'n stadsraad) betaal het!
Dié aand vertel ek dit by die kerk vir 'n vriend. Hy vertel vir my hoe hy soos 'n ander mens voel en optree as hy deur die Karoo, op pad Kaap toe, ry. Die mense is vriendelik, behulpsaam en gaan uit hul pad uit om hom altyd te help. Wanneer hulle dit met hom doen, dan is hy sommer lus om vir hulle soveel as moontlik terug te doen. Hy ken nie homself só in Pretoria nie.
Jesus was baie slim. Hy het geweet, as jy die wêreld wil verander, dan doen jy dit nie met wette en reëls nie. Jy forseer nie verandering af nie. Jy gebruik die grootste enkele ding wat by mense verandering van binne af bring: liefde.
Liefde skep liefde. Jesus het dit in Sy goue reël opgesom: Doen aan ander wat jy wil hê hulle aan jou moet doen. (Luk 6:31)
Ons gesels op die oomblik in die gemeente oor wat die koste van dissipelskap beteken. Die antwoord hierop is hoogs waarskynlik so eenvoudig en gekompliseerd soos: liefde. Liefde vra opoffering. Dit vra jou om jouself tweede te stel ter wille van Hom en ander.
Dit is 'n groot opoffering.
Maar dit is 'n opoffering wat die wêreld kan verander.
Ons lewe in 'n tyd waar identiteitspolitiek mense in pole inforseer. Ons moet baie versigtig wees om vir hierdie strik te val. Liefde bring mense bymekaar en sluit mense in.
Moet nooit die krag van liefde onderskat nie.
Liefde!
Zander