Is ek al 'n mens?
geskryf deur Dr Karin Steyn
… om te weet hoe “om die duisternis te deurreis en ‘n spoor lig te laat”
(Breyten Breytenbach) …
My dogtertjie kyk gereeld op my foon na haar baba-fotos. Dan sê sy: “Mamma, kan ek nie weer so klein wees nie?!” Lank het ek gedink sy sien ook net daai vet baba-beentjies en wil weer so pikant wees. Maar met tyd het ek agtergekom daar lê so stukkie vrees vir grootword in haar woorde.
‘n Vriendin vertel vir my dat haar dogtertjie een aand haar eerste tand wissel – dit het per ongeluk gebeur en groot trane het gevolg! So deur die huil het sy geskree: “Beteken dit dan nou dat ek ‘n mens word?”
Sy antwoord: “My liefkind, Mamma weet, dis nie ‘n lekker besigheid nie. Dis makliker om ‘n ster of ‘n doktor of ‘n baas te word as om ‘n mens te word.”
Ek lag so lekker hiervoor. Want skree ons almal se lewens nie maar net om meer mens te wees nie. Dit het my laat wonder, hoe gebeur hierdie mens-word in ons lewens?
Andrew Harvey verwoord dit mooi in Dialogues with a Modern Mystic: “ The very things we wish to avoid, reject, and flee from turn out to be the prima material from which all real growth comes.”
Ek dink mens-word gebeur as dit wat ons wil wegsteek of van wil weghardloop in ons lewens, tog geopenbaar word. Jesus ontbloot sulke skaduwees, konfronteer ego’s en roep mense om te transformeer: maar dis altyd om meer mens te word. Dit wil vir my lyk asof Jesus nie mense roep om beter of groter te wees nie, maar menser. Meer heel.
Watter inpak kan dit nie op ons wêreld hê nie!
Mag ons die week Sy roep in ons lewens hoor.
Seën