Wie is ek in die eerste plek?
geskryf deur Dr Zander van der Westhuizen
Die afgelope tyd kan jy amper nie die nuus lees sonder om die woord "Afrikaner" raak te loop nie. Op al die amptelike nuusplatforms (selfs internasionaal) lees ons hierdie woord raak. Daar is debatte, briewe en gesprekke oor hierdie woord. Daar is op sosiale media bekgevegte en foto’s wat gedeel word oor hierdie mense - die "Afrikaners". En om eerlik te wees - as jy met vriende oorsee gesels het hierdie woord (weereens) 'n negatiewe konnotasie by sommige. Daar is ongelukkigheid, negatiwiteit en 'n verbintenis met voorkeur-behandeling.
Die dekking oor die eerste "vlugtelinge" wat in die VSA aangekom het, het van voor af die klem op die woord "Afrikaner" geplaas. Almal gaan soek weer op - wie is hierdie mense? Hoekom beskerm die VSA hulle? Wat is die storie agter hierdie storie?
Intussen op tuisfront is daar baie bruin mense wat uitgesluit voel uit die woord "Afrikaner". Die Afrikaans 100 feesvieringe het dieselfde gevoel van "uitsluiting" by sommige bevolkingsgroepe veroorsaak.
Aan die ander kant is daar mooi verhale van goeie gesprekke tussen verskillende groepe. Baie wit Suid-Afrikaners (soos die boere tydens Nampo) sê onomwonde dat hulle hier wíl bly. Daar is ook plekke van insluiting in die viering van Afrikaans en die gebruik van die woord "Afrikaner".
Daar is verseker baie komplekse faktore wat "Afrikaners" op verskeie vlakke laat voel soos hulle voel. Dit sal naïef wees om nie te sien dat daar intensionele benadeling is nie.
Daar is verhale na alle kante toe oor hierdie “Afrikaner”-woord: goed, sleg, gelaai, trots, skaam, insluitend en uitsluitend.
My punt. Dit is 'n komplekse, gelaaide woord - met baie kante.
Sondagoggend na ons reeks oor Antieke Stede kom gesels tannie Alma met my. Sy is opgewonde oor die stede en vra waarom ons nie ook van Antiogië in die reeks vertel nie. "Wat 'n stad!", sê sy. En sy is reg. Ek vra haar of sy geweet het daar was twee stede in die Bybel met dieselfde naam. "Ja", antwoord sy. "Die een teen die grens van Sirië en die ander een in Pisidië.” Die laasgenoemde het Paulus in sy eerste sendingreis besoek en die eerste een - dít is die een waarvan ons in Handelinge 11 lees.
Antiogië het 'n plek geword waar baie verskillende gelowiges saamgekom het. Na die dood van Stefanus het die evangelie versprei deur die volgers van Jesus wat gevlug het. In Antiogië was daar Jode, mense uit Siprus en Sirene en mense wat Grieks praat. Die gemeente daar word 'n plek met verskillende identiteite en nasionaliteite. Daar is verskillende tale gepraat en daar moes baie moeite gedoen word om mekaar te akkommodeer.
Dit is hier waar lidmate besef het dat hul primêre identiteit nie meer hul kultuur, taal of ras is nie. Daar kort 'n nuwe "woord" vir hierdie "volgers van Jesus". Hulle nuwe identiteit is in Christus. En dan lees ons daai mooi vers: "In Antiogië is die gelowiges die eerste keer Christene genoem." (Hand 11:26) Juis vir hierdie rede - 'n nuwe woord.
Paulus het opgehou om aan homself as 'n Jood of 'n burger van Rome te dink. Ons lees in Filippense 3 dat Paulus argumenteer hy sou kon roem op al sy identiteite - maar nou maak dit nie meer saak nie - dit is waardeloos. Alles is nou Christus. Hy het net een identiteit.
In Galasiërs 2:20 skryf Paulus dat dit nie meer hy is wat lewe nie - maar Christus wat in hom lewe.
As Paulus 'n woord kon kies om homself te beskryf sal dit die woord "doulos" wees. Ons lees in Romeine en Filippense dat Paulus homself voorstel as 'n "dienaar" van Christus. Die direkte vertaling is 'n "slaaf" van Christus. Ek dien Jesus - dit is wie ek is. Binne die destydse konteks van slawerny is dit 'n gelaaide woord om te kies. 'n Woord wat 'n tipe onderdanigheid, 'n tipe opoffering veronderstel - juis een waarin daar niks anders oor was om aan vas te hou in die antieke samelewing nie. 'n Slaaf was nie 'n burger of 'n eienaar van enige iets nie.
Paulus is nie 'n Grieksprekende - Christen of 'n Joodse - Christen nie. Hy is 'n Christen, 'n "doulos" van Jesus. Alles anders is agter my.
En wie is nou Paulus se nuwe "volksgenote"? Hoe lyk die kerk van die Nuwe Testament op baie plekke? Dit lyk soos wat dit in die gemeente van Antiogië gelyk het. Mense van verskillende agtergronde en verskillende tale en nasies vind saam 'n nuwe identiteit.
Hulle het hulself "Christene" genoem. Dit was die nuwe "woord".
Met hierdie woord "Christen" is Jesus (die Christus) geassosieer. Hulle primêre identiteit was om Hom te volg en te dien. Hy het mense laat voel hulle is welkom, ingesluit en deel van 'n nuwe familie. Saam het hulle die vervolging, die ongeregtigheid, die verwaarlosing en slegte politieke situasies van hul tyd aangepak. Hulle het nie spelreëls van die koninkryk van die aarde gevolg nie - maar die spelreëls van die koninkryk van God. Dit is heeltemal 'n ander spel met ander waardes en 'n ander hart.
Dit is asof ons dit vergeet het. Ons het vergeet ons is nie meer wie ons voorheen was nie. Ons is nou Christene. En Christene tree op dieselfde manier as die Een wie ons volg op.
Alles anders is agter my.
Christus is nou alles.
My nuwe familie is almal wat hulself "Christen" noem.
Dit is ons "woord".