Die krag van stories
geskryf deur Dr Zander van der Westhuizen
Die rook hang in die koue lug terwyl ons by die hek van Huis Betesda in Sunnyside staan. Dit is daardie wintersaande-tipe rook, dié wat sonder 'n groot vuur gepaardgaan. Gemaak uit 'n paar stompies of ou kole. Net genoeg om vir iemand 'n bietjie hitte te gee.
In die agtergrond hoor 'n mens die bekende geluide van Sunnyside se woontstelblokke. Musiek wat speel in 'n woonstel wat waarskynlik deur meer as een familie gedeel word. Stemme in die straat af waar 'n paar mense om 'n spaza staan en gesels. Die geluide van kinders in die strate en hier en daar 'n harde gil agter 'n toe deur.
Ons manne staan reg met sop, brood, sjokolade en 'n paar musse om die amper sestig mans wat in hierdie huis skuiling vind, te ontmoet.
Eers vertel Marié en Sonnika van die baba-muur. 'n Projek wat in Suid-Afrika ontstaan het. Eens op 'n tyd het ma's hulle pasgebore baba's sommer net hier oorkant langs die Apiesrivier kom los. Die mense hier in Vosstraat se sentrum kon die baba's hoor huil langs die rivier oorkant die pad. Iemand moes iets doen.
PEN het besluit om hier ook 'n baba-muur op te rig. Letterlik soos 'n posbus in 'n geboude muur kan jy eerder jou "weggooi-baba" kom los. 'n Sensor laat weet die maatskaplike werker en die baba word gered.
Die pa's is stil. Soveel vrae draai deur 'n mens se kop (en hart) wanneer jy hierdie met jou eie oë sien. Hoe is dit moontlik dat dit kan gebeur? Hoe is dit in die eerste plek nodig?
Ons stap in en 'n klomp manne wag in spanning. Na 'n gebed en boodskap is daar tyd om te kuier.
Al die voorafopgestelde idees oor huisloses verdwyn soos die stories gehoor word.
Een man vertel hy het 'n meestersgraad en het tot onlangs by WITS gewerk in die HIV/VIGS en Gesondheidsnavorsing-afdeling. Tot Trump, USAID se befondsing gesny het. Almal het summier hulle werk verloor en hy is nou, meestersgraad en al, op straat. Hy ken die tipe plekke want hy het voorheen sulke stories op Carte Blanche vervaardig. Nou is hy self hier.
'n Ander man vertel van sy loopbaan by KIA en later Volkwagen handelaars. Sy Hindoe familie het hom verwerp nadat hy 'n Christen geword het. Hy het sy werk weens ‘n aflegging verloor en nou het hy geen ondersteuning nie. Hy is hier iemand wat ander mans kan ondersteun terwyl hy self probeer om op sy voete te kom.
Die volgende man is 'n rekenmeester en kon net nêrens werk kry nie. Hy kon nie meer sy R6000 woonstelhuur bekostig nie en is op straat gesit deur 'n ander instansie. Nou is hy hier en probeer weer sy CV opdateer en soek iemand wat hom 'n kans sal gee.
Die stories gaan aan. Ek sien voor my oë die krag van mense se stories afspeel. Ek sien hoe dit ons manne se harte raak, maar ook hoe dit die persepsies verander wat ons almal oor armoede het. Aan jou lyf voel jy hoe naby dit is - soms nader as wat jy dink.
Ek lees uit Matteus 5. Jesus leer dat vredemakers en sagmoediges werklik die geseëndes is. Gelukkig is dié wat arm van gees is en verstaan hoe afhanklikheid van God lyk. Dit is werklik God se plan om jou met deernis na ander te laat kyk, terwyl jy saam moet opstaan vir geregtigheid.
Ek speel 'n stukkie klavier en vir 'n oomblik word daar gedans en sing - asof dit netsowel in my sitkamer kon wees.
Oppad huis toe - dink ek oor my warm bed, kinders en veilige omgewing wat wag - terwyl ek besef wat Jesus bedoel het met die vraag:
Wat maak jou werklik geseënd?