Vierpoot Vriende
geskryf deur Dr Karin Steyn
Ons gesin se Boston Terrier is veertien jaar oud. Ons het haar in die winter van 2012 in Bloemfontein gaan haal. Van dag een af is sy die hartklop van ons huis gewees.
Ek moet nog iemand of iets ontmoet wat méér opgewonde oor ‘n bal kan wees. Wanneer die opwinding oor ‘n tuiskoms of ‘n bakkie kos of ‘n besoeker te groot raak, word alle aandag op ‘n bal uitgestort. As ons mekaar ‘n drukkie gee in die huis, gaan haal Dixie haar bal. Sy is daarvan oortuig dat ‘n bal haar onweerstaanbaar maak.
Volgens die veearts, ouderdom in ag geneem, gaan dit goed met Dixie. Ek begin egter al hoe meer die sterre van die heelal in haar oë raaksien, terwyl sy stadigaan al hoe minder van óns sien. Sy slaap al meer en stap al minder. Maar haar teenwoordigheid in ons huis bly groot.
Die neurowetenskappe vertel aan ons dat honde-eienaars, wat gereelde interaksie met hulle honde geniet, se breinstruktuur mettertyd verander. Hormone soos oksitosien, het ‘n invloed op ons brein sodat ons byvoorbeeld beter emosionele regulering kan ervaar.
Neurale bane in ons brein word positief beïnvloed deur gereelde interaksie met ons honde. Hierdie spesifieke bane word geassosieer met ons vermoë om empatie te hê met ander en verhoudingsbande te kan vorm. Tyd saam met jou vierpoot vriend, help ook om angstigheid te verminder.
Soos wat ek haar bewegings die laaste paar dae fyn dophou, kom ek agter hoe maklik dit is om saam met die ou lady te leef. Sy is net goed vir ons.
Dit laat my wonder of ons as mense altyd so maklik is om mee saam te leef?
Ons het baie meer by Dixie geleer as wat ons ooit onsself kon indink toe ons haar in koue Bloemfontein gaan haal het.
Sy maak ons woorde sagter, ons dade meer liefdevol. Haar klein asempie wat ons volg het ons so baie geleer van volgelingskap. Om naby genoeg te loop dat liefde afgee.
Mag daar die week, iets in jou lewe wees, wat so in die normaliteit van die dag jou herinner aan onbaatsugtige liefde!
Seën
Ds. Karin