Geniet die tyd
Geniet die tyd
Geskryf deur Marco Koch
As dominee is dit vir my ‘n voorreg om ingenooi te word in mense se lewens. Mense het meestal baie vrymoedigheid om te sê hoe dit regtig gaan. ‘n Begroeting word selde met slegs ‘n “goed dankie en met jou?” kort geknip.
Al is dit hoe uitdagend is dit ook ‘n voorreg en ‘n vreugde om selfs by siekes en selfs sterfbeddens te kan sit, soms met ‘n kamer vol familielede. Een goue draad wat ek optel by hierdie laaste oomblikke, is dat niemand al ooit vir my of die familielede wat hul agterlaat sê “ek wens ek het harder gewerk” nie. Dit is so te sê die reël dat ‘n persoon in hul laaste oomblik een van twee goed sê: “dankie” of “ek wens ek het meer tyd saam my familie spandeer.”
Besef jy hoe kosbaar is jou tyd saam familie? Hier’s ‘n paar vrae vir oordenking met ‘n wenk of twee.
As ek na al hierdie vrae en wenke kyk, voel dit of die Lig & Ritme Fees hulle almal saamvat. Hierdie is nie net ‘n bemarkingsfoefie nie. Ek, wat Marco is, glo werklik in die Lig & Ritme Fees. Dit is nie net vir pret nie. Dit is vir spesiale familie tyd. Dit is tyd waarvoor jy op jou ou dag eerder gaan sê “dankie” as “ek wens ek het meer tyd saam my familie spandeer.”
Kom na die Lig & Ritme Fees https://ligenritme.co.za/. Kom geniet díe tyd!
Prediker 3
“Elke ding het sy vaste tyd, elke ding in hierdie wêreld het sy tyd: daar is 'n tyd om gebore te word, 'n tyd om te sterwe, ... ‘n tyd om te lag, ... 'n tyd om van blydskap te dans...”

- Maak jy tyd vir tyd? – Bou jou familietyd in jou kalender in.
- Maak jy tyd vir prioriteit? – Maak jou familieafsprake vas, skuif eerder jou vergadering.
- Maak jy tyd vir kwaliteit? – Mens kan nie altyd lank kuier nie, maar wees teenwoordig en gefokus wanneer jy ‘n 30min koffie met iemand deel.
- Maak jy tyd vir kwantiteit? – Soms neem dit die gemoed ‘n rukkie om tot rus te kom. Om ‘n hele dag te neem om saam met jou familie te spandeer kan wondere verrig vir verhoudings.
- Maak jy tyd vir intensiteit? – Rus beteken nie net om op ‘n bank of langs ‘n swembad te lê nie. Doen intensioneel iets opwindend en buite die norm om julle gewone ritme te breek.
- Maak jy tyd vir variëteit? – Die mens se psige raak maklik verveeld met eentonigheid. Maak seker jy bou variëteit in jou familityd.
- Maak jy tyd vir konsekwentheid? Maak ‘n gewoonte daarvan om spesiale familietyd in jou huis se kultuur in te bou.