Sê jy nog jammer?
geskryf deur Sonnika Nel
Ek was al ‘n hele paar keer die ooggetuie van iemand wie se geduld en maniere opgedroog het in ‘n winkel en dan moes die winkel-assistent of kassiere dit ontgeld. Eenkeer was dit ‘n vrou wat ‘n spesifieke grootte skoen wou hê en nie lank genoeg kon stilbly om te hoor dat die kassiere net gou by die ander takke uitvind of hulle dalk die regte grootte het nie. Die ander keer was dit ‘n besigheidsman met ‘n fênsie pak klere, blink skoene en ‘n duur horlosie. Blykbaar het hy nie tyd in sy bitter besige dag om langer as 3-minute en 42-sekondes in ‘n ry te wag om sy chai latte en glutenvrye croissant te kry nie.
Ek vermoed jy het ook al scenario’s soos dié teëgekom of jy was dalk self die een met die dun nerfie. Ek moet bieg dat ek ook al my stem verhef het of my oë gerol het as ek nie my sin dadelik kry nie en sou ‘n geharde kleuter ‘n les of twee kon leer oor ‘n vloermoer!
So dwaal ek die ander dag in ‘n klerewinkel rond en loer na die nuwe modes. Ek hoor ‘n gesprek by die kassiere se toonbank waar ‘n vrou aandring om met ‘n spesifieke kassiere te praat en ek dink by myself: hier kom nou aksie! Ek staan natuurlik bietjie nader en spits my ore sodat ek mooi kan afluister hoe die dame die kassiere vermaan oor watookal haar pla (‘n mens is mos maar nuuskierig!).
Groot is my verbasing toe die vrou die volgende vir die kassiere sê: “Hallo, my naam is So-en-So. Ek was vroeër vandag hier en het met jou baklei oor die prys wat volgens my verkeerd was. Ek het besef ek het myself baie sleg gedra en dit was nie jou skuld dat die prys op die klere verskil het van die prys op die sisteem nie. Ek het jou onbillik hanteer en wil jou om verskoning vra.”
Beide my en die kassiere se mond het oopgehang en dit het haar ‘n rukkie gevat om te besef wat nou gebeur het. Ons is eintlik nogals verbaas as iemand ons opreg om verskoning vra, want ons WEET uit ervaring hoeveel dit van ‘n mens vat om dit te doen.
Dit impliseer eerstens dat jy die insig moet hê om te besef dat jy verkeerd opgetree het, tweedens moet jy die drang om jouself te verontskuldig teenstaan en derdens moet jy die moed en nederigheid bymekaar skraap om die persoon in die oë te kyk en om verskoning te vra.
Dis interessant dat die optrede om iemand om verskoning te vra, wat eintlik baie dapperheid vereis, soms afgemaak word as ‘n swakheid.
Vir wie moet jy jammer sê? Jou kind? Jou vrou? ‘n Vriend van jare gelede? Vir die vreemdeling met wie jy vanoggend regtig lelik was omdat jy met die verkeerde voet uit die bed geklim het?
Kan jy jouself indink hoe anders sou die wêreld gelyk het as ek en jy elke dag ingestel was om JAMMER te sê in plaas van baklei, stry, wrokke koester en te bewys dat EK reg is?
Moenie dat jou ouderdom of status of velkleur of ego jou verhinder om te erken wanneer jy verkeerd is en dan opreg jammer te sê nie.
Jammer versag kwaai oë.
Jammer maak harde harte weer sag.
Jammer maak deure oop.
Jammer is die begin van ‘n pad na vergifnis en vry-wees van bitterheid.
Neem ‘n paar minute en dink of jy nie dalk vir iemand moet jammer sê nie. Selfs al is dit vir iets wat jy lank gelede gedoen of gesê het. Dit kan nie skade doen nie. Maar dit kán die wêreld verander!
Groete