Weekliks

📌 SONDAG 30 NOVEMBER

Ons sien uit om al ons lidmate Sondag te verwelkom!
09:00 | Erediens

📌 EREDIENSTE DEUR DIE VAKANSIE

7 Des | 09:00
14 Des | 09:00
21 Des | 09:00
25 Des | 08:00 & 10:00
28 Des | 09:00
31 Des | 19:00
4 Jan | 09:00
11 Jan | 08:00 & 10:00

📌 KOMMUNIKASIE

Ons beplan groot en nuwe dinge vir 2026, en ons kan nie wag om dit met jou te deel nie.

Vanaf 1 Januarie 2026 gaan WhatsApp die enigste plek wees waar ons inligting met die gemeente deel. Ons beplan ’n nuwe baadjie vir ons kommunikasiestruktuur, en terwyl ons alles mooi regskud, gaan ons tydelik net via WhatsApp kommunikeer.  Jy gaan nie meer die App kan gebruik nie.

As jy nog nie deel is van NG Gemeente Tygerpoort se WhatsApp-groep nie, wil ons jou nooi om nou aan te sluit.

Scan gerus die QR-kode op die skerm of scan die kode by een van die kennisgewingsborde in die voorportaal.  
https://chat.whatsapp.com/Lwzgza5n0p6GRkA2SZ7csQ

So bly jy in die “loop” van alles wat ons opgewonde maak hier by NG Gemeente Tygerpoort.

📌 WINKEL

NUWE SINKRONISEER GESKENKPAK
 
Tygerplein Winkel stel vir Kersfees ’n splinternuwe Sinkroniseer Geskenkpak bekend. Dit is die ideale geskenk vir ’n nuwe 2026 om meer tyd saam met die Here te spandeer.

Die geskenkpak bevat alles wat jy nodig het om te “sinkroniseer met God se ritme” - ’n joernaal, ’n pen, ’n beker, speelkaarte met praktiese riglyne vir stilte-tyd en natuurlik - “Sinkroniseer”, die boek geskryf deur Zander van der Westhuizen (wat intussen ’n uitstekende resensie in die Kerkbode ontvang het).

Maak ’n draai by die Tygerplein Winkel of koop die geskenkpak tydens die Kerssangdienste.

Die winkel is oop tot Vrydag, 05 Desember 2025.

📌 ORREL DUET KONSERT

Orrel duet konsert ter viering van die herstelwerk aan die orrel van NG Gemeente Tygerpoort.

Datum:          Sondag 30 November 2025
Tyd:               15:00
Orreliste:        Riana de Wet
Mariana du Toit
Toegang:      Donasie om by te dra tot die orrelfonds
 
📌 WEDUWEEKUIER

Datum: 1 Desember 2025
Tyd: 9:00
Plek: Tygerplein Saal
Alle weduwees is welkom om vir die laaste keer in 2025 te kom saamkuier.  Bring gerus ‘n bordjie eetgoed en sommer ‘n vriendin ook saam.

Ons gaan ‘n lekker vasvra hou en die jaar afsluit met lekker lag en kuier!

📌 PEN ECD UITREIK

Ons nooi alle ouers en kinders om saam met ons te gaan kuier by PEN se ECD-sentrum!

Datum: 2 Desember 2025
Tyd: 08:20 by die Kerkkantoor
Vervoer: Ons vertrek saam vanaf die Kerkkantoor. Ons sal karre vol maak en saam ry na PEN in Sunnyside – daar is veilige parkering beskikbaar.

Ons wil graag ’n verskil maak! Ons Junior kinders en hul ouers het vroeër in die kwartaal saam klas-hulpmiddels gemaak vir PEN (wys aangehegde foto’s hier) en ons gaan dit vir hulle op hierdie dag gee.

PEN het ook ‘n ernstige tekort aan skryfbehoeftes vir kleuters en skoolkinders. Jy kan hiermee help deur vir ons ENIGE skryfbehoeftes te bring tot en met 2 Desember.  Ons sal dit dan ook op daardie dag vir hulle saamneem. Laai dit gerus op ‘n Sondag by die info-toonbank of in die week by die kerkkantoor af.

Ons sien baie uit na hierdie spesiale uitstappie saam met julle!

RSVP by kinders@ngtyger.com teen 1 Desember 2025.

📌  DOOP EN DOOPKURSUS

Enige ouers wat hul baba in die eerste kwartaal van 2026 wil doop, moet nou reeds ‘n epos stuur vir die kerkkantoor (ontvangs@ngtyger.com) om die nodige reëlings te tref.  Ouers wat wil doop moet eers die verpligte doopkursus bywoon.