Vind God in die Stilte
1 KONINGS 19:11-13
Geskryf deur Dr. Zander van der Westhuizen
Baie mense is alleen. Jy sit dalk in 'n aftree-oord in 'n enkelkamer. Jy is dalk iewers in 'n woonstel op jou eie. Jy is saam met iemand, maar steeds voel jy eensaam.
Stilte konfronteer jou. Sommiges is gemaklik daarmee. Party raak ongemaklik wanneer hul tyd met hulself moet spandeer. Na heelwat afsondering en stilte kom daar partykeer gedagtes na vore wat jy eerder wil vermy. Genoeg stilte laat die oppervlak van jou menswees wegraak en die bodem van jou siel verskyn. Die verlede haal 'n mens in wanneer jy nie daaraan aandag gee nie.
Sulke tye is moeilik, maar nodig. Ons besige lewens gun ons die kans om daarvan te onstnap. Nou het jy nie 'n keuse nie. Jy moet jouself in hierdie stilte weer vind.
Jy is nie alleen in die stilte nie.
Elia het dit op 'n berg ontdek. Hy het God in alles gesoek. Hy het God gesoek in al die tekens wat deur die Ou Testament bekend was: sterk wind, aardbewings en vuur. Maar daarin was God nie.
God was in die stilte.
Wanneer jy die voorreg en die soms uitdagende geloofsgewoonte van stilte ontdek - ontdek jy nie net jouself nie - jy ontdek ook vir God. Die Here kom vind jou in die stiltes saam met jou verlede en jou donkerkante. Die Here is by jou wanneer jy vir 'n slag jouself in die oë kyk.
Daarom kan jy weet: stilte en afsondering is jou vriend.