Hoe aanbid jy?
Psalm 100
Geskryf deur Dr. Zander van der Westhuizen
Baie mense is gewoond dat die kerk (eredienste veral) jou help om God te aanbid. Ons dink ook oor aanbidding op hierdie wyse. Aanbidding is wanneer ek saam met ander gelowiges sing of bid. Aanbidding is 'n aktiwiteit wat in groepe gebeur en deur 'n gemeente georganiseer word.
Ek dink aanbidding is veel meer as dit wat die kerk kan organiseer. Aanbidding is ten diepste wanneer jy as 'n kind van God, jou Here aanbid. Daar is baie vorme hiervan: lofprysing, dankbaarheid, belydenis, gebed, woorde, stiltes en selfs 'n klaaglied.
Dalk is dit vir jou moeilik om op jou eie die Here te aanbid. Dalk vind jy dit vreemd om die Here op jou eie te loof en prys. Dalk is dit vir jou moeilik.
Ek wil jou uitnooi om in jou aanbidding te groei. 'n Goeie plek om te begin is met jou aanbiddingstyd. Daar is 'n belangrike les daarin te leer om uiteindelik self die begeerte te laat posvat om die Here op jou eie te loof en te prys. Dit is geestelike volwassenheid om nie altyd van die kerk afhanklik te wees om jou geestelike dissiplines te organiseer nie.
Hoe begin ek?
Bid vandag Psalm 100. Lees die woorde en bid dit teenoor die Here as aanbidding. Dink hoekom jy die Here vandag wil loof. Gebruik dit as 'n begin om ook vir die Here dankie te sê. Probeer op Hom fokus en nie op jouself nie.
Kom ons prys die Here!