Stil Saterdag (Paasnaweek)
Geskryf deur Dr. Zander van der Westhuizen
'n Hele paar jaar gelede het ek die voorreg gehad om Taizé in Frankryk te besoek.
Taizé is 'n dorp wat bekend is vir die ekumeniese monastiese beweging wat daar gesetel is. Priesters en monnike vanuit alle kerklike tradisies fokus daar op gebed, eenvoudige eredienste (drie keer per dag), eenvoudige liedere (waarvan 'n paar in ons Liedboek opgeneem is) en Christelike meditasie. Taizé is uniek daarin dat duisende jongmense elke jaar die kloosterorde besoek en dienste bywoon. Die fokus is op die boodskap van vrede en liefde. Op hierdie plek loof mense saam die Here wat op ander plekke in die wêreld met mekaar in konflik leef.
Tydens my besoek het ek gekies om die ervaring van afsondering te beleef. Wanneer jy jouself "in stilte" plaas, word jy uit die groepkamers geskuif na 'n huis op die dorp. Jy bly dan hier vir 'n tydperk en praat nooit nie. Elke dag besoek 'n priester die huis om 'n boodskap te bring. Jy woon die eredienste drie keer 'n dag by, maar verder is jy alleen.
Ek het hierdie belewenis oor 'n Paasnaweek gehad.
Die boodskap, wat die grootste indruk in my lewe op my gemaak het, is aan my oorgedra op Stil Saterdag. Dit is die dag van Paasnaweek wat stil is. Die somber dag na die kruisiging. Die tyd voor die opstanding. Die dag wat niemand geweet het of Jesus weer gaan opstaan nie.
Die priester het ingekom. Ek het geluister na die kortste preek wat ek nog gehoor het. Hy het gesê: "Daar is 'n tyd in ons almal se lewens waar ons nie weet hoe om verder aan te gaan nie. Ons voel magteloos. Ons beleef 'n krisis. Ons beleef verlies. Ons kan niks daaraan doen nie. Ons weet nie of daar beter tye gaan wees nie. Ons voel asof ons hoop verloor het. Al wat jy dan kan doen is om wag op die Here. Amen".
Dit was die boodskap. Ek sal dit nooit vergeet nie.
Dit is belangrik om soms afhanklik en magteloos te voel. Dit is nodig om 'n "Stil Saterdag" te beleef. Die tyd waarin jy besef jy kan niks doen nie, alles is in die Here se hande. Jy besef nét die Here kan nou iets doen. Dit is jou hoop.
Ek onthou so goed hoe Paassondag gevoel het. Na 'n tydperk van rou, verlies en musiek in minuere, is daar lewe. Die Here het iets gedoen. Hy het opgestaan. By Taizé word daar sjokolade uitgedeel. Kerse verlig die kerkgebou. Mense sing weer lofliedere in 'n majeur. Daar is opgewondenheid. Mense dans as die kerk uitkom. Almal eet saam. Christus het opgestaan.
Die Here het iets gedoen. Ons hoop lê in 'n opgestane Christus.
Mag jy dit altyd onthou wanneer jy 'n Stil Saterdag beleef.