Jesus Christus is opgestaan
Geskryf deur ds. Karin Steyn
Sewentig jaar gelede het C.S Lewis sy bekende diens vir Paasfees gepreek met die titel: "The Grand Miracle". In hierdie diens verduidelik hy die wonder van die fleeswording van God. Dat 'n spasie en tydlose God kies om in ons tyd en spasie in te breek om vir ons te wys hoe lief Hy vir die wêreld is. Dat Hy teenwoordig is. Dit is in hierdie preek waar hy die beeld van 'n duiker in diep waters gebruik. God is soos die duiker wat afkom na die wêreld toe, maar hy gaan ook weer op om asem te skep. Deur die beeld verduidelik Lewis dat dood en lewe 'n vaste ritme deel. Die een vloei uit die ander uit. Alle lewe lei na dood, maar uit alle dood is daar ook dan nuwe lewe. As God kies om Homself sigbaar te maak in hierdie wêreld is dit dié waarheid wat Hy saam met Hom bring. Die waarheid van nuwe lewe. Om op 'n nuwe manier te kyk, doen en dink. Hy wys dit deur die lewe van sy Seun.
Ons vier Paasfees op die vreemdste manier nog vir meeste van ons, vas in ons eie huise. In die tyd dink ek is dit vir ons moontlik om iets van dood te verstaan. Ons voel verlies aan ons eie lywe. Maar in elkeen van ons is daar ook 'n begeerte vir NUWE LEWE.
'n Hoop dat dit weer anders kan wees...
Dis ook in die diens waar Lewis die bekende woorde gebruik:
I believe in Christianity as I believe that the sun has risen: not only because I see it, but because by it I see everything else.
Mag ons leer om in die opstanding te lewe. Nuut te lewe. Nog nooit in die geskiedenis is ons opgeroep tot nuwe lewe soos nou nie daarom los ek julle vanmôre aan die einde van ons Paasnaweek met die mooi woorde van Laura Kelly Fanucci:
When this is over,
may we never again
take for granted
A handshake with a stranger
Full shelves at the store
Conversations with neighbors
A crowded theatre
Friday night out
The taste of communion
A routine checkup
The school rush each morning
Coffee with a friend
The stadium roaring
Each deep breath
A boring Tuesday
Life itself.
When this ends,
may we find
that we have become
more like the people
we wanted to be
we were called to be
we hoped to be
and may we stay
that way - better
for each other
because of the worst.