Seisoene
Prediker 3:1-17
Geskryf deur Dr. Zander van der Westhuizen
Wanneer laas het jy Prediker 3 gelees? Elke ding het sy tyd. Elke ding in die wêreld het sy tyd. Wat is, was reeds. Wat kom, was ook alreeds.
Seisoene.
Ons beleef tans die verandering van die seisoen. Dit is besig om nou diep herfs te word. Die tyd voor die winter. Maar daar is 'n sterker bewussyn van 'n ander seisoensverandering in ons, nie waar nie? Ons voel anders as ander jare. Daar is 'n seisoen in die wêreld wat sy tyd kom opneem het. Die suidelike halfrond voel dit aan soos die winter. 'n Seisoen wat niemand verwag het die aand toe die oujaar met die nuwejaar gewissel het nie. Daardie aand toe ons elkeen glase geklink het en planne vir 2020 gemaak het. Toe het ons nie verwag dat die wêreld se seisoen gaan draai nie. Ons het gedink alles sal tot iets kom. Soos laasjaar. En die vorige jare.
Prediker sal sê dit is hoe die lewe werk. Daar is tye van oorlog. Daar is tye sonder oorlog. Daar is tye van pandemies. Daar is tye sonder pandemies. Dit kom en gaan. Dit is die lewe. Seisoene.
Daarom moet jy wysheid aanleer. Die groot seisoene van die lewe en die wêreld sal kom en gaan. Dit is 'n gegewe. Die vraag is: as dit waar is, hoe leef jy jou lewe?
Prediker sal redeneer alles kom tot niks. Daarom moet jy balans in die lewe hê. Jy moet die lewe geniet maar ook genoeg werk om geld te verdien. Jy moenie lui wees nie, want dan gaan jy nie kan leef nie. Iewers tussen dit alles moet jy die lewe geniet.
Seisoene is deel van die lewe. Daarom moet jy "in die seisoene" leef soos wat jy kan. Wanneer dit goed gaan - geniet dit. Wanneer dit sleg gaan - maak die beste daarvan ook. Moenie te veel vashou aan die dinge wat tot niks kom nie.
Prediker bely dat net God dieselfde bly. Hy glo dat net dit wat God doen blywend is. Hy vertel ons dat God in beheer is - en dat tyd en seisoene deel is van hoe God die groter storie van die lewe skryf.