Om geduldig te wag
Psalm 25
Geskryf deur ds. Karin Steyn
Ps 25:21 “ Laat onskuld en opregtheid oor my die wag hou, want op U vertrou ek”.
Uittreksel uit Celebration of Discipline deur Richard Foster:
'Superficiality is the curse of our age. The doctrine of instant satisfaction is a primary spiritual problem. The desperate need today is not for a greater number of intelligent people, or gifted people, but for deep people.'
Die woord wat in die Bybel vir “verwagting” gebruik word, word ook dikwels vertaal met “vertroue”. Miskien verduidelik dit vir ons iets van die betekenis van “om op God te wag”. Om regtig te leer om op Hom te vertrou.
Ons vinnige lewenstyl en ongeduld maak dat ons nie altyd die spirituele ingesteldheid het om op God te wag nie. Dit maak die omstandighede waarin ons tans is, baie moeilik. Om op God te wag, is ’n lewenshouding wat ’n bepalende invloed op jou verhouding met die Here het. Daar is meer as 30 tekste in die Bybel wat hierdie lewensingesteldheid vir ons uiteensit. Moses wag op die berg vir die tien gebooie, Noag wag vir 40 dae op die Here, die Israeliete wag vir 40 jaar in die woestyn en Jesus wag in sy versoekingstyd ook op God. Dis maar net om 'n paar van die 30 tekste te noem.
Ek het gevind dat in die tye wat ek die meeste met die Here oor sake worstel, die grootste geneser ’n ingesteldheid was van wag op die Here. Die gebedslewe van iemand wat hierdie dissipline het, verskil van iemand wat dink hy kan die Here se arm draai om aan al sy behoeftes te voldoen. Natuurlik kan ons enigiets in die Naam van die Here vra. Maar om te vra, beteken vir geen oomblik om te beveel nie. Vir mense met ’n doelwitgedrewe lewenstempo, is dit natuurlik nie die maklikste dissipline nie, tog is dit die een lewenshouding wat ’n mens God helderder laat raaksien!
As dit moeilik vir jou is om te stop en rustiger te word, te wag, is die Covid-tydperk vir jou ook 'n groot uitdaging. Om op die Here te wag, is om te besef dat jy nie in beheer van jou bestemming is nie. Iets waarvan ons so diep van bewus is in hierdie tyd. Dat ons nie weet hoe die tydperk gaan uitspeel nie.
As jy op Hom wag, gebeur daar iets met jou. Om op die Here te wag beteken om met verwagting te wag. In die proses leer jy om met nuwe oë na die lewe te kyk.
Ek en jy kan in hierdie tyd doelbewus aan ons geduld werk. Deur die manier waarop ons optree, reageer en voel af te speel teenoor die manier waarop ons dit voorheen sou doen en dink. In 'n lewende verhouding met Jesus kan ons geduld vermeerder terwyl ons wag. Dis 'n uitgemaakte saak, die vrugte aan die boom verklap die waarheid.