Wat verwag die Here van ons?

Miga 6:8
Geskryf deur Dr. Zander van der Westhuizen

In die boek Miga lees ons hoe die Here sy volk aankla. Hulle word aangekla dat hulle die Here nie meer volg nie en dan hulle Hom vergeet het. Die volk reageer uiteindelik en Miga vra wat hy namens hulle aan Hom kan offer vir vergifnis. Wil die Here ramme of olie of ander offers hê? Nee. Die Here vra iets anders: dat jy reg sal laat geskied, dat jy liefde en trou sal bewys en dat jy bedagsaam sal lewe voor Hom. Dit is die enigste manier om aan God te bewys dat jy Sy kind is.

Daar is soveel mooi vertalings van hierdie vers. As ons gaan kyk na die betekenis van die drie verse dan leer ons iets oor die dieper betekenis van dit wat die Here vra:

MISHPAT  - om te doen wat reg is teenoor ander mense / om jou optrede reg te hou.

KHESED – kom uit die verwysing na God se verbondsverhouding met ons / committment teenoor ‘n verhouding wat committment vra.

TSANA - om nederig te wees en om nederigheid te wys / loop saam met die Here in hierdie nederigheid / kyk na dinge vanuit die regte perspektief.
 
In Engels vertaal hierdie konsepte as “do justly, love mercy, walk humbly with your God”.

Hoekom is hierdie vers so ontsettend belangrik? Dit gee vir ons ‘n duidelike prentjie van wat die Here van ons verwag. Die Here verwag nie van ons allerhande “leë godsdienstige praktyke” nie. Om al die “offers” te bring wat godsdiens verwag is nie dit waarna die Here opsoek is nie. Die Here soek ‘n sekere lewensingesteldheid, ‘n sekere manier van lewe, ‘n sekere perspektief op die lewe.

Elkeen van ons moet hierdie drie verwagtinge van hoe God wil hê ons Hom moet dien ernstig opneem. Jy moet jouself gereeld afvra is jy besig met godsdiens of is jy besig om werklik die Here te dien in ‘n verhouding wat ‘n wedersydse ernstige commitment vra.