Hoekom is dit so moeilik om hulp te vra?
Geskryf deur Dr. Zander van der Westhuizen
Ek sal dit erken. Dit is moeilik om hulp te vra. Ek vermoed dit is vir meeste van ons so, nie waar nie? Wanneer dit op daardie punt in ons lewe kom is daar 'n hele paar redes hoekom dit vir ons moeilik is.
Ek vermoed die eerste rede is dat ons sukkel om te erken dat ons hulp nodig het. Ons erken dit moeilik aan onsself. Ons dink dat dit nog nie regtig nodig is nie. "Ek is nog nie daar nie". Teen die tyd wat jy die moed bymekaar skraap om dit wel te erken, besef jy dit was al nodig.
Dan kom die trots. Hoe sê ek vir iemand ek kan nie? Hoe vra ek vir iets? Wat gaan die mense van my dink? Trots - ons grootste vyand. Vir hierdie rede is dit makliker om by 'n vreemdeling te gaan hulp vra, as by iemand wat my ken. Hoe gaan ek ooit weer my gesig by hulle wys?
Daar is natuurlik altyd 'n risiko. Om hulp te vra kan uitloop in teleurstelling. Ironies genoeg kan die vraag vir die ander mense nie so ernstig wees nie. Hulle neem dit ook nie sò op nie. Die hulp kom nooit nie. Dit kan ook gebeur dat jy jou hart en behoeftes uitspreek maar dat hulp nie moontlik is nie of die hulp arriveer nie in die pakkie wat jy wou hê nie. Daar is 'n risiko in hulp vra. Daar is 'n risiko in hulpverlening.
In Handelinge 2 lees ons dat gelowiges geleer het om van mekaar interafhanklik te leef:
Al die gelowiges was eensgesind en het alles met mekaar gedeel.
(Hand 2:44)
Gelowigs moes leer om hulp te vra. Hulle moes ook leer om te deel en hulp te verleen. Wat hulle gedryf het was 'n gedeelde eensgesindheid oor die liefde. Hulle het ook gedeelde omstandighede gehad wat hulle genoodsaak het om na mekaar om te sien.
Ek wil jou aanmoedig om te leer om hulp te vra. Wanneer dit moeilik gaan en daar behoefte is, vra gerus. Vra waar jy veilig voel. Vra jou geloofsgemeenskap.
Mag ons as gelowiges en lidmate van Tygerpoort, mense wat hulp vra ontmoet met liefde: luisterend, oop en bereid om die ekstra myl te stap.