Wat werklik saak maak
Filippense 1:8-11
Geskryf deur ds. Karin Steyn
"God is my getuie, Hy weet hoe ek na julle almal verlang met die liefde van Christus Jesus in my hart. Ook bid ek dat julle liefde al hoe meer sal toeneem in begrip en fyn aanvoeling, sodat julle die dinge sal kan onderskei waarop dit werklik aankom. Dan sal julle op die dag wanneer Christus kom, onberispelik en sonder blaam wees, en deur Jesus Christus sal julle geheel en al in die regte verhouding met God wees, tot sy lof en eer."
- Filippense 1:8-11
Die gemeente in Filippi lê Paulus na aan die hart. Paulus het groot waardering vir die gesindheid en liefde wat hierdie gemeente teenoor hom en die Here Jesus Christus openbaar het. Ons hoor iets van hierdie intieme verhouding as Paulus sê dat hy met die innige meegevoel van Christus Jesus na hulle almal verlang.
Hy bid ook dat hulle liefde nog meer sal toeneem in begrip en fyn aanvoeling. Begrip en fyn aanvoeling is skaars eienskappe in vandag se wêreld.
Ons hoor ook nie baie dat hierdie terme met die oppervlakkige betekenis van dit wat die wêreld liefde noem geassosieer word nie. Wie van ons het nie ‘n behoefte dat iemand ons met begrip en fyn aanvoeling sal hanteer nie? Wanneer laas het jy na iemand anders geluister met begrip? Wanneer laas het jy met fyn aanvoeling jou liefde teenoor jou naastes uitgeleef?
Onderskeidingsvermoë beteken dat 'n mens in praktyk die verskil tussen goed en sleg, belangrik en onbenullig ken en dat jy telkens die regte opsie uitoefen.
Hierdie begrip en fyn aanvoeling vra egter ook daarvoor dat ons die vermoë sal ontwikkel om te onderskei “wat werklik saak maak” of wat werklik belangrik is. Ons mors soveel kosbare tyd en energie met dinge wat werklik nie belangrik is of saak maak nie. Wil jy nie vandag probeer om met fyn aanvoeling te onderskei wat werklik saak maak en eerder daarop te fokus nie?
'n Mentor van my het gesê: Wees geduldig met alle mense, en onthou, die werk van die Heilige Gees standaardiseer nie mense nie, veral nie om “soos ek” te wees nie, maar stel die unieke Goddelike potensiaal in elke mens vry.
Paulus vra dat die Here hierdie liefde in ons bewerk. Vra die Here om dit in jou te doen.