Die betekenis van genade
1 Johannes 1:8-10
Geskryf deur ds. Wouter van Wyk
En toe verbrand die simpel skorsies...
Die dag was lank vooruit reeds beplan. Ek was verantwoordelik vir die middagete; iets wat heeltemal binne my vermoë is. Maar toe gebeur dit dat alles gelyk op my neersak. Terwyl ek kos maak, lui my foon herhaaldelik, daar is ‘n misverstand oor die presiese spyskaart en my dogtertjie moet eintlik slaap. Ek besluit om te kyk of ek in ‘n rekordtyd my spesiale pappakragte kan gebruik om my dogtertjie aan die slaap te maak in my studeerkamer. Hierdie besluit het tot gevolg dat ek iets nuuts leer. Naamlik – Skorsies het presies 10 minute nodig om deeglik te brand en ‘n pan te ruïneer. Met groot verleentheid en skaamte (eintlik ook woede) stap ek in my vrou se studeerkamer (a.k.a. – ons bed) in om haar mee te deel dat ons nie vandag skorsies gaan eet nie.
Ek voel sleg oor myself. Ek voel moedeloos. Ek voel magteloos. Ek moes beter gedoen het.
Binne die kerk is daar deesdae dikwels ‘n versugting om skuldbelydenis oor te beklemtoon. Dit kom vanweë die feit dat die kerk vir baie lank SLEGS op jou skuld gefokus het. Want hoe slegter jy voel oor jouself en jou sonde, hoe meer het jy God nodig. Of selfs meer tot die punt – hoe meer het jy die kerk nodig.
Vandag trap ons dalk in die slaggat om te min oor sonde en skulderkenning te praat.
Ek het egter met my hele kosfiasko tot die volgende besef gekom: daar is iets ongelooflik bevrydend om skuld en sonde te erken. Die oomblik wanneer jy ophou verskonings maak en eenvoudig erken dat jy beter kan doen en daarom beter gaan doen, kom daar ‘n verligting wat diep strek.
Dalk is dit ook waarom die Bybel ons so gereeld aanmoedig om skuld te erken. Ons is nie perfek nie. Ons gaan nie altyd al die balle in die lug kan hou nie. Ons gaan nie altyd ons werk, ons huis, ons kinders, ons verhoudings 100% kan balanseer nie. En dit is okay.
Moet dit net nie wegsteek nie. Moenie daaroor kwaad raak nie. Moenie jouself met ander vergelyk nie (want hulle kry dit ook nie altyd reg nie). Erken dit eenvoudig. Eers dan kan jy genade beleef.
Daarom sê 1 Johannes 1:8-9:
As ons beweer dat ons nie sonde het nie, bedrieg ons onsself en is die waarheid nie in ons nie. Maar as ons ons sondes bely – Hy is getrou en regverdig, Hy vergewe ons ons sondes en reinig ons van alle ongeregtigheid.
Ons bely ons skuld, nie om ons skuldgevoel te vergroot nie, maar juis om vrygespreek te word daarvan. Geloof is die aanhoudende proses van skulderkenning en genadeverkondiging. ‘n Erkenning dat ons tekort skiet en dat dit okay is. God ontmoet ons in ons tekortkominge. Dit is die definisie van genade. Hierdie genade gee ons weer die moed om more weer te probeer - sonder die skuldgevoel of selfkritiek. Selfs al brand die skorsies more weer...
Onthou net een ding. God se genade vir ons raak nooit op nie. Dalk moet ons ook genade vir onsself hieruit leer.