Teenwoordigheid
Geskryf deur Dr. Zander van der Westhuizen
Hoe reageer 'n mens wanneer daar onsekerheid heers?
Ons denkraamwerk is meestal westers. Ons leef meer in die toekoms as wat ons besef. Ons beplan alles. Ons dagboeke dryf ons. Ons spanning oor "môre" laat ons wakker lê. Ons is bewus van volgende week se gebeure. Ons dink al reeds aan die volgende vakansie.
Iemand binne hierdie denkraamwerk beleef onsekerheid baie negatief. Mense wat eksklusief toekomsgerig leef wil weet hoe dinge vorentoe gaan lyk. 'n Situasie waarin dit nie duidelik is nie skep daarom die meeste spanning.
Hierdie lewensingesteldheid ontneem ons dikwels van teenwoordigheid. Wanneer jou kop die heeltyd by "môre" is, dan mis jy "vandag". Jy leef nie teenwoordig nie. Jy neem nie wat tans met jou gebeur in nie. Jy ontspan nie. Jy geniet nie die "niks" van net 'hier wees" nie. Jy ontdek nie die geskenk van verveeldheid nie.
Die wêreld van die Nuwe Testament was anders as vandag. Die mense het uit die geskiedenis geleef. Hulle het teruggekyk na wat gebeur het en dit het hulle gehelp om deur die dag te kom: "God het ons gehelp met die Eksodus. Hy sal ons nou help met die Romeine". Daar was in elk geval nie die luuksheid van beplanning nie. Oorlewing het jou maklik teruggeruk na realiteit toe.
Selfs in hierdie wêreld het Jesus al goeie raad gegee:
"Moet julle dus nie oor môre bekommer nie, want môre bring sy eie bekommernis. Elke dag bring genoeg moeilikheid van sy eie"
Matteus 6:34
Daar is baie wysheid daarin om teenwoordig te lewe - om "vandag" in die oë te kyk. Jesus sê daar is belangriker dinge in die lewe as dit wat ons oor bekommer. Die koninkryk van God moet altyd eerste kom.
Beteken dit ek moet nie beplan nie? Nee. Ek dink nie so nie. Ek dink beplanning is goed.
Die kuns is om nie die hele tyd in die toekoms te leef en vandag te mis nie. Dit help ook nie jou westerse denkraamwerk veroorsaak dat jy tydens onsekerheid so bekommerd raak, dat dit jou vandag verlam nie.
Wees vandag teenwoordig.