Sien jy Jesus raak?
Geskryf deur ds. Karin Steyn
Toe Jesus aan sy moeder verskyn na sy kruisiging, herken sy Hom aanvanklik glad nie, selfs terwyl sy met Hom gesels. Haar pyn en seer verblind haar heeltemal.
Op ‘n stadium noem Jesus haar op haar naam en toe eers herken sy Hom…
Ons het as kinders van God in hierdie tyd weer Jesus se kruisdood herdenk. As gelowiges hou ons ook vas aan sy opstanding en die betekenis daarvan in ons lewens. Dit maak van jou en my Opstandingsmense wat ‘n nuwe lewe in en deur Jesus ontvang het. Ons het die wonderlike voorreg as sy kinders om met Hom ‘n verhouding te mag hê en elke dag in gesprek met Hom te kan wees, veral in hierdie vreemde tye waarin ons nou leef. Ons uitdaging is om nie toe te laat dat ons omstandighede en krisisse ons sal laat vergeet van ons nuwe identiteit as Opstandigsmense en kinders van God nie. Ek het die week sosiale media dopgehou en sien dat die inperking mense begin vang. Dit word lank en dit word moeilik. Die politieke uitsprake en al die nuusberigte daarrondom maak die huidige omstandighede nie maklik nie.
Binne-in die omstandighede vra ek die vraag: Waaraan hou ons vas? Dit is so wonderlik dat ons verder kan sien, verby ons omstandighede kan kyk. Wanneer ons oë op Hom gerig is en ons hand in sy hand is, kan sy Gees ons elke dag lei en ons krag wees in moeilike tye.
Hierdie woorde van Jan Richardson sê dit so mooi:
"Blessed are you who bear the light in unbearable times, who testify to its endurance amid the unendurable, who bear witness to its persistence when everything seems in shadow and grief.
Blessed are you in whom the light lives, in whom the brightness blazes - your heart a chapel, an altar where, in the deepest night, can be seen the fire that shines forth in you in unaccountable faith, in stubborn hope, in love that illumines every broken thing it finds."
Mag dit in hierdie tyd en elke dag van ons lewens waar wees van ons.