Apocalyps
Openbaring 1:1
Geskryf deur ds. Wouter van Wyk
Wat hier volg, is deur Jesus Christus geopenbaar. God het die openbaring oor wat binnekort moet gebeur, vir Hom gegee om aan sy dienaars bekend te maak. Jesus het toe sy engel gestuur om sy dienaar Johannes dit alles te laat sien.
Die aand waarop die eerste maatreëls vir die grendelstatus aangekondig is, het ek by die aanddiens ʼn preek gepreek met die titel – Dit is NIE die einde van die wêreld NIE. Die preekteks het uit die boek Openbaring gekom en het gewys hoe gelowiges oor alle generasies swaarkry beleef en dat Openbaring juis daar is om te wys dat daar altyd hoop is. Dit moedig die kerk aan om te bly volhard want die Lam van God was waardig om die boekrol te lees. Die boodskap van Openbaring in ʼn neutedop is daarom eintlik dat ons as gelowiges alle swaar kan trotseer want Christus het reeds die oorwinning behaal.
Openbaring het daarom in my mening eintlik ʼn baie verkeerde etiket begin ontwikkel naamlik dat dit ʼn boek is wat oor die eindtyd handel. Met ander woorde dit gaan oor hoe dinge gaan klaar maak. Ek dink in die proses lees ons die bedoeling van die boek HEELTEMAL mis.
Die woord “Openbaring” is die vertaling van die Griekse woord apokalupsis. Vandag se Hollywood filmmakers het groot pret met hierdie woord gehad. Titels soos “Apocalyps now” skep by almal van ons die prentjie van ʼn komeet wat die aarde tref of wesens van ʼn ander planeet wat die wêreld probeer oorneem.
Die Griekse woord apokalupsis beteken egter glad nie “einde” nie. Dit beteken letterlik “om te onthul” of “om tot die lig te bring”. Die beste vertaling – om te openbaar. Die bedoeling van die boek Openbaring was vir die eerste gelowiges dus nie ʼn boek oor die einde nie. Dit was eerder ʼn boek om te wys wat mense miskyk. Dit is dat God ten spyte van al die aaklige dinge wat in die wêreld gebeur, steeds sy kinders wil help, lei en bemoedig. Openbaring is geskryf om hierdie feit te onthul sodat ons sal sien wat versteek is. Dit was nie ʼn boek oor die einde nie maar eerder die begin. Die begin daarvan om die wêreld in ʼn nuwe lig te sien.
In daardie opsig leef ons vandag in ʼn apokaliptiese tyd. Want ons sien alles in ʼn nuwe lig. Ons sien skielik hoe sekere dinge in ons lewens eintlik drasties uit balans was. Ons sien nou hoe sekere mense baie meer uitgelewer is as ander. Ons sien hoe ons mekaar eintlik nodig het en aan mekaar verbind is.
Mag hierdie daarom vir jou ʼn apokaliptiese tyd wees. Mag jou oë oopgaan vir alles wat uit balans is. Mag jou oë oopgaan vir hoeveel ons mekaar nodig het. Mag jou oë sien hoe God steeds mense bystaan, ondersteun en lei. Mag jy op hierdie manier ook in Jesus se voetspore volg.