'n Deel van die storie
Rut 1:14-22
Geskryf deur ds. Wouter van Wyk
Rut is een van my gunsteling stories in die Bybel. Dit is die storie van ‘n lojale Moabitiese skoondogter wat in hongersnood en armoede by haar skoonma bly is eenvoudig inspirerend. Die verhaal self maak ‘n drastiese missionale punt naamlik dat selfs ‘n Moabiet (wat ‘n groot vyand van Israel was) ‘n kritiese rol kan speel in die redding van ‘n gesin.
Daar is n groot interessantheid van die Rutverhaal. Dit is dat God nêrens direk aan die woord kom in die verhaal nie. Al sprake van God in die verhaal is wanneer Naomi terugkom in Betlehem (letterlik - huis van brood) en sê dat die mense haar Mara moet noem want – “die Almagtige het die lewe vir my bitter gemaak” (Rut 1:20). Ons lees eers weer van die Here aan die einde van die verhaal en dan is dit ook uit die mond van bystaanders.
Waarom is hierdie kort verhaal oor ‘n Moabitiese meisie dan in die Bybel sonder dat ons iets oor God leer?
Die antwoord is daarin te vinde dat ons weet dat die Israeliete hierdie verhaal gebruik het om te wys hoe God selfs in stilte, selfs in hongersnood en armoede, altyd teenwoordig is. Die verhaal was daar om die Israeliete te verseker dat God steeds met hulle ‘n pad stap ten spyte daarvan dat soveel dinge teen hulle gedraai het. Die verhaal was daar om die Israeliete te help soek na uitkoms selfs uit onverwagse oorde.
Rut het daarom vandag nog vir ons hierdie selfde waarde. Rut moedig ons aan om te volhard. Te glo, te werk, te soek, ten spyte van die baie Mara’s wat ook in ons lewens na vore kom. Rut help ons om te sien dat daar selfs met op die onverwagste plekke uitkoms kan kom. Rut help ons om te sien dat God selfs in stilte steeds by ons is.
Die Rut-verhaal sluit af met ‘n kort geslagsregister. ‘n Geslagsregister is vir baie van ons maar ietwat vervelig maar vir ‘n Israeliet was dit die getuigskrif dat God getrou bly. Op hierdie manier wys die skrywer vir ons hoe Rut en Boas se seun opgeneem word in die geslagsregister van Dawid. Selfs meer as dit. Ons lees dit later weer raak in die geslagsregister van ons Here, Jesus Christus.
Mag jy God hoor in die stilte. Mag jy uitkoms beleef selfs in die vreemde. Mag jy God bly vertrou van nou af tot in lengte van dae. Mag jou storie ook opgeneem word in ‘n groter bundel wat vir volgende gelowiges wys dat God getrou bly.