Hoe bly ek staande?
Jeremia 29:11
Geskryf deur ds. Karin Steyn
Zig Ziglar vertel die storie van vlooie in ‘n fles met ‘n deksel op. Hulle vlieg desperaat teen die deksel vas in ‘n poging om te ontsnap. Dit duur ongeveer 20 minute. Nou is hulle ten volle oortuig dat hulle nie kan ontsnap nie. Jy kan die deksel verwyder, maar hulle sterf van die honger in die fles. Hulle het probeer ontsnap en glo nou dat hulle geen ander opsie het nie. Ek wonder of ons nie teen die tyd van die grendelstatus ons kan vereenselwig met die vlooie nie. Ons voel moeg en ons krag is min. Dis soos om telkens teen die deksel vas te vlieg. Maar ons moet die beste van ons omstandighede probeer maak.
Vir almal van ons was die afgelope weke vol onsekerheid en stres. Ons is bekommerd oor hierdie ongenaakbare siekte. Ons is bekommerd oor die wysheid en sin van die staat se eindelose mikro-bestuursbenadering in hierdie tyd. Indien ons die hoogtepunt eers in September gaan bereik, wag daar vir ons ‘n moeisame tyd vorentoe. In hierdie tyd is dit belangrik om goeie sielesorg toe te pas sodat ons innerlik kan oorleef. Die stryd woed veral in die gedagtes, wat weer ‘n invloed het op ons emosies.
Die Bybel sê niks oor die Coronavirus nie ... trouens, die Bybel sê niks oor virusse nie, niks oor kieme nie, en geen advies oor bakterieë nie. Hoekom nie? Want in die tyd van die Bybel was daar geen kennis oor enige so-iets nie. Die was van hande is in die konteks van godsdienstige rituele en nie sodanig om gesondheidsredes of higiëne toegepas nie. Wat die Bybel ons wel leer, is hoe om op te tree in tye van ʼn krisis. As Christen is die voorbeeld van Jesus ʼn oproep tot liefde, welwillendheid, deernis, omgee, empatie en liefdadigheid. Dit is te alle tye, maar in besonder in tye van nood.
Daarom is dit so belangrik dat ons in hierdie tyd nie sal vergeet van die goedheid van die Here nie. Wanneer ons van sy goedheid vergeet, styg die vlakke van stres sommer hemelhoog. As God nie goed was nie, is daar geen logiese rede waarom ons hoopvol kan wees nie. Daarom hou ons vas aan Jeremia 29:11: “Ek weet wat Ek vir julle beplan, sê die Here: voorspoed en nie teenspoed nie; Ek wil vir julle ‘n toekoms gee, ‘n verwagting!” Ons dien ‘n goeie God wat net goeie planne het vir ons lewens, selfs te midde van ‘n pandemie.
Wanneer dit nie met my goed gaan nie, is dit meestal omdat ek probeer om dit alleen te doen. Ek vergeet om te vra vir hulp. Ek hou my probleme vir myself. Ek wil nie ander belas nie. Dalk besef ek dit nie, maar daar is ook ander om my wat dieselfde doen. Dit help om dit te onthou in hierdie tyd. Ons het mekaar nodig om ons staande te hou in hierdie tyd. Dalk is dit nodig dat iemand aan my moet vashou in hierdie tyd.
Ek los julle met die mooi woorde van Epictetus.
"This is the true athlete – the person in rigorous training against false impressions. Remain firm, you who suffer, don’t be kidnapped by your impressions! The struggle is great, the task divine – to gain mastery, freedom, happiness, and tranquility.”
-Epictetus