Gevaar: "onder konstruksie"!
Markus 1:1-8
Geskryf deur ds. Wouter van Wyk
Hier waar ek woon is daar nou al maande lank bordjies op wat waarsku dat daar padwerke is. Op die oomblik pla dit nie so baie nie want dit is nie asof ek elke dag in die verkeer vassit nie. Maar in die algemeen is padwerke vir ons almal ‘n groot frustrasie. Dit kos ons tyd en energie. Dit verhoed ons om vinnig uit te kom waar ons wil wees. Ons weet natuurlik dat dit wonderlik sal wees sodra dit klaar is, maar dit vat altyd so ontsettend lank. Daarom sukkel ons om troos te vind in die eindproduk.
Ek dink nogal oor my binnelewe ook so. Ek werk daagliks aan my persoonlikheid, my geloofslewe, my verhoudings. Partymaal gaan dit relatief goed en voel dit of die verkeer darem beweeg. Maar dikwels voel dit eerder asof daar ‘n verkeersknoop in my binneste is. Ek sien my foute en tekortkominge. Ek is bewus van die verhoudings in my lewe wat al vir maande, selfs jare, doodstil staan. Selfs my eie persoonlikheidseienskappe wat dikwels ‘n bate is, kierang my dat ek nie eers altyd van myself hou nie. Soveel so dat ek partykeer net wens ek kon heeldag ‘n T-hemp dra met die woorde: Gevaar - Besig met konstruksiewerk.
Wanneer Johannes die Doper die pad vir Jesus voorberei is sy boodskap:
Bekeer julle en laat julle doop en God sal julle sondes vergewe (Markus 1:4). Jesus bevestig ook hierdie boodskap in Markus 1:15.
Bekering kan vir party ‘n netelige onderwerp in die kerk wees. Dr. Zander het ook hieroor geskryf en dit moet beslis ter harte geneem word. Wat ek wil byvoeg, is dat die basis van bekering te vind is in die woord ‘metamorfose’. Die twee woorde deel ook in Grieks dieselfde stamwoord naamlik metanoia.
Bekering beteken om te draai. Om te verander. Voortdurend. Bekering beteken inherent om “onder konstruksie” te wees.
Dit is ook een van die funksies van die Heilige Gees. Om ons te verander en te vernuwe. Daagliks. In hierdie opsig troos dit my want dit beteken God gee my toestemming om te wroeg en te worstel. God moedig verandering aan. Dit is die Gees se werk. Dit sal soms ‘n verkeersknoop tot gevolg hê, dalk selfs ‘n ongeluk of twee. Maar dit is hoe God besig is om met ons te werk. Ek hoef nie reeds die eindproduk te wees nie. Ek moet net probeer om vandag ‘n beter weergawe van myself te wees as wat ek gister was. Hoekom? Sodat mense deur ons lewens op die pragtige paaie van God se koninkryk kan ry.
Dra daarom jou bordjie met trots - Gevaar: "onder konstruksie."