Die dinge waarop dit werklik neerkom
Filippense 1:3-11
Geskryf deur ds. Wouter van Wyk
Filippense is by verre my gunsteling brief in die Bybel. Dit het nog altyd tot my gespreek op ʼn baie diep en spesiale vlak. Elke hoofstuk van Filippense het ten minste een briljante sin in wat jy jou lewensleuse sou kon maak. Ter illustrasie noem ek sommer ‘n paar bekende en geliefde verse uit elke hoofstuk:
“ Om te lewe is vir my Christus en om te sterwe wins” (1:21)
“Elke knie sal buig en elke tong sou erken: Jesus Christus is Here” (2:10-11)
“Maar wat eers vir my 'n bate was, beskou ek nou as waardeloos ter wille van Christus, ja, nog meer: ek beskou alles as waardeloos, want om Christus Jesus, my Here, te ken, oortref alles in waarde.” (3:7-8)
“En die vrede van God wat alle verstand te bowe gaan, sal oor julle harte en gedagtes die wag hou in Christus Jesus.” (4:7)
“Ek is tot alles in staat deur Hom wat my krag gee.” (4:13)
Ek ken hierdie brief baie goed. Tog is ek verbaas hoe God se Woord telkens in nuwe omstandighede tot my spreek.
Almal weet sekerlik dat Paulus hierdie boek geskryf het in die tronk. Omdat hy ʼn Romeinse burger was, is hy toegelaat om hierdie vonnis te versag na ʼn tipe van ʼn huisarres. Dit het beteken dat hy in ʼn gewone huis was wat deur Romeinse soldate opgepas is. In hierdie tyd het Paulus ongelooflike onsekerheid beleef omdat hy nie geweet het of hulle hom gaan doodmaak, of hy weer kan aangaan met sy werk en of hy weer sal kan reis nie. Klink dit bekend? Onsekerheid oor onbekende, onsigbare vyand wat jou lewe kan kos. Inperking in ʼn huis en ʼn onvermoë om planne te maak om weer te reis?
Daarom het hierdie woorde in vers 8 en 9 so uitsgestaan.
“God is my getuie, Hy weet hoe ek na julle almal verlang met die liefde van Christus Jesus in my hart. Ook bid ek dat julle liefde al hoe meer sal toeneem in begrip en fyn aanvoeling,”
Paulus se verlange na sy geliefde gemeente is so groot dat hy God as getuie roep. Maar dit is nie gewone liefde nie. Dis liefde van Christus Jesus. Dit is hierdie spesiale liefde wat sy lewe verander en wat hom geanker hou in sy situasie. Dit is ook wat hy by hulle wil vasmaak. Dit wat hulle MOET weet is dat die liefde van Christus ʼn mens verander. Dit verander jou dat jy sal toeneem in begrip en fyn aanvoeling.
Dit is ook my gebed. Dat ons gevul sal word met die liefde van Christus Jesus. Dat ons begrip sal hê vir mekaar, ten spyte van afstand en fisiese verwydering. Mag ons sodoende ʼn aanvoeling kry van wat werklik belangrik is. Dan sal julle deur Christus Jesus “...geheel en al in die regte verhouding met God wees, tot sy lof en eer.” (Fil 1:11)