God maak bekwaam
Filippense 2:12-18
Geskryf deur ds. Wouter van Wyk
... want dit is God wat julle gewillig en bekwaam maak om sy wil uit te voer. (v 13)
Een van my mentors het altyd die storie vertel van die paddas wat langs die dam sit. Hy vertel dan hoe daar 5 paddas is en 2 besluit om in te spring. Daarna sou hy altyd vra: “Hoeveel paddas bly oor?” Dan sal mens vinnig antwoord dat daar 3 paddas oorbly. Dan antwoord hy met ‘n beterweterige glimlag: “Daar is nog steeds 5 paddas. Hulle het nog net besluit om in te spring. Hulle het nog niks gedoen nie.”
Dit is ‘n wysheid wat ek van ‘n baie geleerde en ervare predikant gekry het. Want hy het geweet dit is hoe die kerk werk. Ons besluit dikwels om iets te doen. Maar wanneer dit by die uitvoer daarvan kom, struikel ons gereeld. Om die Here se leiding te ontvang en die Here se wil te ken, is nie die einde van die pad nie. Ons moet nog sy leiding volg en sy wil gaan uitvoer. Ons moet gehoorsaam wees en gaan doen wat Hy wil hê ons moet doen.
Volgens Paulus het ons die verantwoordelikheid om gehoorsaam te wees en ons daarop toe te lê om as verloste mense te lewe. Ons moet alles in ons vermoë doen om uitvoering te gee aan die Here se wil en leiding.
Tog moet ons daarmee rekening hou dat dit God is wat ons gewillig maak om sy wil te doen. En verder: dat dit God is wat ons bekwaam maak, aan ons die krag en vermoë gee om sy wil uit te voer!
Soms weet ons baie goed wat die wil van die Here is, maar ons is opstandig en wil nie doen wat die Here van ons vra nie. Soms weet ons wat die wil van die Here is, en wil ons dit ook uitvoer, maar ons het nie die vermoë of die krag om dit uit te voer nie.
Laat ons dan onthou: dit is God wat ons gewillig en bekwaam maak om die wil van die Here uit te voer. Dit geld veral ook ten opsigte van ons getuienistaak. Dit geld ook ons gehoorsaamheid aan die Here se Woord, sodat ons onberispelike kinders van God kan wees te midde van ontaarde en korrupte mense.
Ken die wil van die Here!
Doen die wil van die Here!
Laat God jou gewillig en bekwaam maak om sy wil uit te voer.
Bly met God in kontak deur sy Woord, en deur ‘n opregte gebedslewe!