Die paradoks
2 Korintiërs 4:7-15
Geskryf deur ds. Wouter van Wyk
As daar een persoon is wat verstaan van op en af, is dit Paulus. Hy was ‘n persoon wat op die toppunt van die samelewing was. ‘n Skrifgeleerde, ‘n leier, ryk, met baie status. Maar wanneer ons sy eie getuienis lees, besef ons dat dit binne ‘n oogwink verander het. Skielik ken hy honger. Skielik ken hy haat en veragting. Skielik is hy die vervolgde en nie meer die vervolger nie. Paulus het egter die vermoë om in hierdie paradoks te leef.
In hierdie brief aan die Korintiërs doen hy onder andere presies dit. Paulus was eintlik op hierdie stadium in sy bediening op ‘n baie moeilike punt met hierdie gemeente. Die gemeente het tot heel onlangs voor die skryf van hierdie brief, Paulus nog sleggesê en weggejaag. Dit alles omdat Paulus nie vir die gemeente gesê het wat hulle wou hoor nie. Wanneer hy hierdie brief skryf, is dit duidelik dat hulle intussen probeer vrede maak het. Tog kan ʼn mens sy broosheid duidelik aanvoel. In plaas daarvan om sy broosheid weg te steek en dit weg te praat, is hy eerlik daaroor. En in plaas daarvan om die paradoks te probeer oplos en verklaar, preek hy daaroor. Soos iemand in die week vir my sê: “Hy hou sy broosheid bietjie vas.” Sonder om dit te probeer verklaar of weg te praat, erken hy in die oomblik dit wat hy beleef.
Hierdie gedeelte is eintlik ‘n stuk poësie. Verdruk maar nie terneergedruk nie. Oor raad verleë maar nie radeloos nie. Vervolg maar nie verlaat nie.
Iemand het vir my ‘n populêre boodskap aangestuur wat ek ongelukkig vanweë die taalgebruik nie woordeliks hier kan deel nie. Die basiese boodskap is as volg – wanneer iemand jou vra hoe dit met jou gaan, moet jy eerlik wees. Dit help nie jy draai doekies om nie. As jy onder druk is met jou werk, met jou finansies, met siekte, met spanning – omhels die paradoks en antwoord – Dit gaan woes, maar ek bly gefokus. Hierdie boodskap, taalgebruik en al, is in wese wat Paulus doen.
Wanneer ons hierdie paradoks erken, praat ons Paulus eintlik na. Ons erken die spanning. Ons erken die omstandighede. Maar ons erken ook dat ons opstaan. Dat ons aanhou. Dat ons planne maak. Dat ons op God vertrou.
Paulus kry dit reg want daar is een paradoks waarop hy sy lewe bou - Jesus Christus het gesterf sodat ek en jy kan lewe.
Vir Paulus is dit genoeg.
Vir ons is dit ook genoeg.