Skaduwee
Die Psalms
Geskryf deur ds. Karin Steyn
Die Johannes-evangelie is vol van hierdie woorde: 'God is die Lig, leef dan soos mense van die Lig. Laat sy lig in julle wees'. Dit is alles ‘n taal wat bekend is aan die Johannes-gemeenskap. As hulle dit lees, verstaan hulle die waarde van lig in die skaduweetye van hulle lewens en dink hulle na oor lig en donker as ryk beeldspraak in hulle wêreld. Hoe kyk ons na skadutye?
Soos ek die naweek weer deur Johannes lees en saam met my kinders buite sit en teken in die skadu’s van hul speelgoed, besef ek ewe skielik net weer watter mooi geloofsbeeld dit vandag steeds vir ons is.
Wat is ons eerste gedagte as ons die woord ‘skaduwee’ hoor? Vir my kom die gedagte van donkerte of onsekerheid eerste by my op. Maar soos ek verder daaroor dink, besef ek dit sê iets van rus, beskerming teen die son, ’n lekker piekniekplek, 'n plek van verkwikking en soveel meer. Dit is baie interessant hoe gereeld die beeldspraak in die Psalms na vore kom. Meestal verwys dit na die verkwikkende beskerming van God byvoorbeeld in Ps. 57: 2 “In die skadu van U vlerke sal ek skuil”. Ps. 63: 8 “U was vir my tot hulp en in die skadu van U vlerke jubel ek.” Ps. 91:1,2: “Hy wat in die beskutting van die Allerhoogste woon, hy wat in die skaduwee van die Almagtige oornag, hy sê vir die Here: “My skuilplek, my bergskuiling, my God op wie ek vertrou”.
Ek onthou ook die mooi oggend wat ons vir die Oulikstes ‘n seniorkuier aangebied het en 'n kunstenaar vir ons 'n skildery kom verf het deur net die skaduwees uit te lig. Ons was almal verras oor watter pragtige skildery geverf kan word al is dit net skaduwee op papier.
'n Skaduwee is nie moontlik sonder lig nie! Die skaduwee wat ons opsoek en vind in veral moeilike tye soos dié waarin ons onsself nou bevind, is alleen moontlik a.g.v. die LIG, die LIG van die wêreld. Deur op Hom te vertrou, beteken ons gaan rus in sy skaduwee wat Hy vir ons voorsien. Daar kan ek uitroep: “U is my God. My tye is in u hande”