Leef gewortel!
Psalm 1
Geskryf deur Dr. Zander van der Westhuizen
'n Mens hoor so baie die uitdrukking: "Jou geloof word getoets". As ek oor hierdie uitdrukking dink dan kom Psalm 1 se beeld in my gedagtes na vore. Ons moet soos 'n boom wees wat by waterstrome geplant is. Ons moet op die regte tyd vrugte dra en ons blare moet nie verdroog nie.
Ons dink geloof gaan oor my vermoē. Ek moet vasbyt, sterk staan en wys dat ek beter is as ander. Ek is sterk en as die Here my geloof kom toets, dan sal ek bly staan.
Dikwels besef mense nie dat die klem in daardie denkwyse oor geloof op jouself en jou eie vermoë val nie. En dan vind hulle uit dat my geloof nie so sterk is wanneer die stormwinde begin waai nie. Want die mens is altyd feilbaar.
Ek hou van Psalm 1 se beeld oor geloof. Geloof lê nie in my vermoë nie, maar in die vashou aan die bron van lewe. Die boom moet geplant wees naby die waterstroom. Die water is die lewe. Hoe meer water, hoe meer groei. Dit lei tot sterk en diep wortels. Dit lei tot vrugte en die vermoë om deur die winter te bly oorleef.
Geloof is om aan die Bron vas te hou. Ons moet gedurig op die Bron fokus. Ons moet groei in diepte. Dan sal ons kan bly staan in die winter of as die stormwinde begn waai. Dit is ware geloof. Om juis te verstaan waar die Bron van groei lê.
As die winter kom of die storms begin, word jou geloof inderdaad getoets. Is jou wortels diep? Verstaan jy waar die Bron is? Het jy oor 'n lang tydperk vasgehou aan die Bron en sterk geword. Is daar vrugte? Het jy diepte?
Dit is die ware toets vir geloof.
En hierdie geloof lê in jouself nie.
Dit lê in die Bron.