Jongmense is belangrik!
Op 16 Junie vier ons Jeugdag
Geskryf deur Dr. Zander van der Westhuizen
Jongmense het in die geskiedenis nog altyd 'n groot rol in verandering gespeel. In ons eie land dink ons op Jeugdag terug aan die rol wat jongmense in die apartheidsjare gespeel het. In baie ander lande het studente opstande en protes ook 'n groot rol in gebeure gespeel.
In die geskiedenis van die NG Kerk was jongmense nog altyd belangrik. In die sewentiger jare het die jeug-tot-jeug aksie 'n groot invloed gehad. Baie jongmense het in daardie tyd tot bekering gekom en heelwat het teologie gaan studeer. In die latere jare het die NG Kerk groot klem op die ontwikkeling van kategese geplaas. Daar was junior en senior "Kerk Jeug Aksies" (KJA). Die ACSV (later die VCSV) het groot saamtrekke gehou en baie jongmense het 'n jaar van hul lewe as 'n "Diensjaar vir Christus" gegee. Vandag nog sien ons dieselfde tipe jeugbeweging met die kerk se "Imagine" byeenkomste.
Jongmense en kinders is vir 'n samelewing (en die kerk) van kardinale belang. Hulle behoort nie net die leiers van die toekoms te wees nie, daar behoort baie geleenthede te wees vir jongmense om nou reeds leiding te gee.
Paulus het dit goed verstaan. In 1 Timoteus 4:12 skryf hy aan die jong Timoteus:
"Niemand mag op jou neersien omdat jy jonk is nie, maar wees jy vir die gelowiges ’n voorbeeld in woord en gedrag, in liefde, geloof en reinheid."
Jongmense behoort vir ons almal 'n voorbeeld te stel. En ons behoort wys genoeg te wees om na jong stemme te luister en by hulle te leer. Ondervinding en lewenserevaring tel baie, maar 'n mens moet nooit die waarde van energie, nuwe denkrigtings, innovasie en jeugdige entoesiasme onderskat nie.
Daar is baie plekke waar ouer mense posisies beklee wat hulle lankal al moes oorgegee het aan 'n nuwe generasie. Ons sien dít te veel en té gereeld in kerklike strukture, regerings en maatskappye. Dit is 'n fout. 'n Ware (ouer) leier maak plek vir jongmense en neem die belangrike rol as mentor in. Daarin lê 'n gebalanseerde sukses.
Dikwels besef ouer mense nie hoe jou gebeure, kontekste, denkrigtings en besluite deur jou eie persoonlike geskiedenis beïnvloed is nie. Dit belemmer soms vooruitgang en die vermoë om die regte besluite in 'n nuwe konteks te maak. Daarom is jongmense so nodig.
In ons land is dit belangrik om vir nuwe leiers plek te maak. Leiers sonder 'n oordrewe konteks van 'n verlede, maar sensitief daarvoor. Die kerk moet dieselfde doen.