Goeie geestesgesondheid
Filippense 4:12
Geskryf deur ds. Karin Steyn
As Christene kyk ons op na die Verlosser van die wêreld om ons persoonlik deur hierdie moeilike Corona-krisistye te red. Ons eis God se beloftes op en ons leef elke dag deur geloof. Die apostel Paulus was in kettings in die tronk. Tog het hy met die lidmate in Filippi sy positiewe gesindheid en geloof in Christus gedeel. Hy het ook daarna gestreef om verder as oorlewing te gaan. “Ek weet om verneder te word, ek weet ook om oorvloed te hê; in elke opsig en in alle dinge is ek onderrig: om versadig te word sowel as om honger te ly, om oorvloed te hê sowel as om gebrek te ly. Ek is tot alles in staat deur Christus wat my krag gee” (Filippense 4:12). Hierdie woorde van Paulus kom in die tye waarin ons tans is bietjie nader aan ons lewens.
Geestesgesondheid gaan oor die manier waarop jy dink en wat jy voel omtrent jou vermoë om die ‘op’ en die ‘af’ van die lewe te hanteer. Goeie geestesgesondheid stel ons in staat om nie net die uitdagings van die lewe te oorleef nie maar ook om te floreer en sterk te wees. Geestesgesondheid en goeie emosionele welstand loop hand-aan-hand. Almal hanteer en ervaar die uitdagings wat die lewe na ons kant toe bring verskillend. Sommige van ons vat langer om terug te spring na teëspoed of ’n persoonlike uitdaging. Nietemin is dit uiters belangrik om na ons eie geestesgesondheid om te sien. Hier is ’n paar praktiese wenke hoe ons na ons geestesgesondheid kan omsien:
1. Praat oor hoe jy voel.
Moenie al jou gedagtes en gevoellens binne hou nie. Gesels met ’n vertroueling en deel jou emosionele ervaring. Dikwels kan so ’n gesprek jou beter en ligter laat voel.
2. Bly aktief.
Beweeg gereeld en kry ’n bietjie oefening indien moontlik. Oefening bevorder geestesgesondheid en is goed vir ons gemoed.
3. Eet gesond en gereeld.
Goeie eetgewoontes en om genoeg water te drink, help om goeie geestesgesondheid te handhaaf.
4. Maak kontak met vriende en familie.
Ons vriende en familie kan ons geliefd laat voel en ons herinner dat ons aan ’n groter gemeenskap behoort. Dis goed vir die siel.
5. Doen iets wat jy geniet en waarin jy goed is.
Om betrokke te bly met iets waarin ons goed is en wat ons geniet kan positiewe emosie binne ons opwek.
6. Reik uit na ander.
Om iets vir iemand anders te doen of te beteken, kan baie goed wees vir ons eie geestesgesondheid en dit kan ons meer sin in die lewe laat ervaar.
Hierdie gedeelte eindig met een van die mees ongelooflike beloftes wat Paulus gee, letterlik vertaal: “gevolglik sal die vrede van God, wat alle begrip/denke te bowe gaan, oor julle harte en gedagtes die wag hou in Christus Jesus”. Dit is die enigste plek in die Nuwe Testament waar só van “die vrede van God” gepraat word. Paulus bedoel hier nie die vrede met God nie, maar die vrede van God, die vrede wat Hy self het, die vrede wat Hy self is, die vermoë wat Hy het om nie angstig te raak oor allerlei fieterjasies nie, maar in beheer en veral getrou aan Homself te bly. Dít is wat die harte en gedagtes van die gemeente (ons) sal bewaar. Dié vrede gaan alle denke te bowe – dit bedoel letterlik dat dit iets is wat beter is as die beste beplanning! Ons gedagtes en emosies is soos ‘n oorlogsterrein wat God sal beskerm teen angstigheid en chaos.