Psalm 23
Geskryf deur Dr. Zander van der Westhuizen
Psalm 23 nooi ons som na te dink oor twee metafore: die Herder en die Gasheer.
Die Herder lei die skape na plekke waar daar kos en water is. Die Herder beskerm die skape en is saam met hulle in die veld. Die Herder gee vir ons krag en lei ons. Hoe nodig het ons nie juis dit hierdie jaar nie? Hoe nodig is dit nie om te ontdek "ek kom niks kort nie"? Die Here is in 'n tyd van onsekerheid juis die Een wat ons wil beskerm, lei en veilig hou. By Hom is daar vrede.
Die Gasheer laat ons by 'n feesmaal aansit in die aangesig van moeilike omstandighede. Dit is 'n uitnodiging om 'n ander perspektief te hê. Dit is die besef dat by die Here is daar altyd vreugde. Daar is genoeg! En hoe mooi is dit nie om juis hierdie jaar te besef, "U goedheid en liefde sal my lewe lank by my bly" nie?
Die huis van die Here is nie 'n kerkgebou nie. Dit is om in Sy teenwoordigheid te bly leef tot in lengte van dae. Ons kon in 2020 vry kom van 'n kerkgebou en weer opnuut besef wat kerk en God se teenwoordigheid beteken.
Jy is steeds elke dag uitgenooi om te besef die Here gee vir jou om. Die Here is by jou. Jy kom niks kort nie.