Ons almal gesels, maar wie luister?
Geskryf deur Ds. Karin Steyn
Lize Beekman het die lied: Woorde het Vlerke
Het jy vergeet woorde het vlerke?
Dit begin by 'n gedagte,
'n wete, 'n keuse
In jou kop,
Wat jy dan sif deur die gate
En die pype van jou hart
Of nie
Dan gaan die boodskap na jou tong, jou lippe
En jy sê dit hardop
Jy verloor alleenreg
Of jy ooit die reg gehad het
Of nie
Dit word 'n gedagte
'n wete, 'n keuse
In 'n ander een se kop
Wat dit sif deur die gate
En die pype van 'n hart
Of nie
Die boodskap gaan na die tong
En jou selfveroorloofde
alleenreg woorde
Draai, maal, kolk en stort
En word asof...volksbesit
Hoe swaar weeg jou woorde? Vir sommige is woorde waardeloos. Dit weeg maar min. Vir ander is woorde amper heilig. Hulle gebruik bitter min daarvan en versigtig.
Dink aan al jou gesprekke elke dag. Ons is nou in vreemde tye. Waar ons persoonlike kontak met mense minder is. Maar tog kommunikeer ons almal steeds daagliks. Ek is die afgelope ruk baie bewus van die gesprekke rondom my, die koerant opskrifte, nuusberigte, verskillende politieke partye se uitlatings, digitale media se stem, my foonoproepe met die mense vir wie ek lief is, my foonoproepe met inbelsentrums... elke grappie en Meme wat op Whatsapp aangestuur word. Dis ons woorde in hierdie tyd. Ons getuienis van die binnekant van ons lewens.
William Jennings Bryan (1860-1925) was 'n Amerikaanse politikus. Op 'n dag het sy ma na een van sy toesprake geluister. Na die tyd sê sy vir hom: "You missed several good opportunities to sit down." Wyse woorde! Veral vir ons digitale tyd waarin ons so maklik ons opinie kan deel. Te veel mense kan nie ophou praat nie. As party mense 'n spreukbeurt het, dan kry jy hulle nie stil nie. Leonard Sweet se woorde het my al diep geraak in sekere situasies waar ek wonder oor my eie optrede: "To 'sit down' can be as powerful as to 'stand up'."
As Christene is ons nie veronderstel om mense se ore pap te praat of 'n opinie oor alles te hê nie. Nog minder dwing ons, ons opinies op ander af. In 1 Korintiërs 14 sê Paulus juis 'n paar keer vir mense om stil te bly tydens samekomste van gelowiges. Ons hoef nie mekaar se ore gedurig aan te val nie. Die Here het vir ons twee ore en een mond gegee, ons moet dit op hierdie manier gebruik. Ek dink die wêreld sal soveel anders lyk as ons leer om meer te luister as wat ons praat. Ons hoef nie 'n mening oor alles te hê nie en ons hoef nie met almal te verskil nie.
Jakobus gebruik in sy brief, beelde wat wys dat woorde wel groot krag het soos:
- Stang wat perd stuur.
- Roer groot skip se rigting bepaal.
- Vuur wat goeie of slegte effek kan hê.
- Gif.
Jesus sê dit wat ons onrein maak is nie wat in jou ingaan nie maar dit wat by jou mond uitgaan...jou woorde, skielik onverwags en onbeheerbaar.
Luister beter, praat beter. Die Here verwag dit van ons. Ons woorde het vlerke.