Die hemel is oop
Handelinge 7:54-60
Geskryf deur Ds. Wouter van Wyk
In die week vra een van ons finalejaars my ‘n baie moeilike vraag. Hy het die prentjie geskets van ‘n gelowige wat tydens vervolging, ter wille daarvan dat hulle sal bly lewe, kies om in daardie oomblik (en net vir daardie oomblik) hulle geloof te versaak. Die vraag was dan of God so iemand sou kon vergewe.
Ek is seker daar is verskeie opinies hieroor. My kort antwoord aan die tiener was dat ons dit aan God sal moet oorlaat. Ek dink egter om jouself en jou geloof te versaak sou alreeds vir my persoonlik ondraaglik gewees het. Want om iets te doen of te sê wat teen my wese en menswees is, los maar in elk geval ‘n groot litteken. Ek kan elke geval wat ek dit wel gedoen het onthou.
Hierdie het my egter laat dink oor die eerste martelaar in die kerk. Ons kry die storie van Stefanus in Handelinge 6 en 7.
Hier waag Stefanus dit wel om trou aan sy oortuigings te bly. Hy kies om eerder die dood in die oë te staar as om ontrou aan God en homself te wees. In die vertelling is dit ook baie duidelik dat daar baie ooreenkomste is tussen Stefanus en Jesus se doodsoomblikke.
Stefanus vra God om sy vervolgers te vergewe. Hy vra God om nie sy dood teen hulle te hou nie. Hierdie klink merkwaardig en amper onmoontlik om te glo. Tog hoor ons hierdie selfde woorde uit Jesus se mond. “Vader, vergeef hulle, want hulle weet nie wat hulle doen nie”. Wat Stefanus hier regkry is om vir ons almal te wys dat dit vir ons moontlik is om met dieselfde liefde en vergifnis in ons lewens te leef, as wat in Jesus Christus teenwoordig was. Of dalk anders gesê – deur Jesus Christus word dit vir ons moontlik om die wêreld so lief te hê soos God self. Jesus Christus maak dit vir ons moontlik om die wêreld deur die oë van sy opstanding te sien.
Dit is ook wat gebeur by Stefanus se dood. “Kyk, ek sien die hemel geopen en die Seun van die mens aan die regterhand van God staan.” (Hand 7:56)
Om in die krag van die opstanding te lewe, beteken om met die hemel as geopen te lewe.
Deur Jesus Christus is die hemel vir ons geopen. Dit maak dat ons alles in ons lewens kan trotseer. Want die hemel is vir ons oop. Selfs al staar ons die realiteit reguit in die oë – al die swaarkry en hartseer – weet ons dat daar ook meer is. Selfs al kan ons dit nie altyd sien nie. Want die hemel is vir ons geopen.