Soek jy ware geluk op \'n verkeerde plek?
Geskryf deur Dr. Zander van der Westhuizen
Ons wil almal voel ons het werklik geluk gevind. Ek wil tevredenheid in my hart ronddra en ek wil myself vind. Ek wil voel ek lewer ‘n bydrae, het ‘n doel in die lewe en leef in harmonie met myself, met ander, en uiteindelik met God.
Ek wil gelukkig wees. Ek wil lewe. Ek wil genoeg wees.
Ons soek hierdie geluk op soveel plekke. Soms soek mense dit in ‘n verhouding, in wellus of in plesier. Ander soek dit in hul kinders se prestasies en wag vir die erkenning van ander na ‘n Facebook-plasing. Ander begin ‘n pad stap wat lei van een slukkie alkohol tot ‘n nagmerrie van afhanklikheid. Voor jy jou oë uitvee, is die bietjie plesier weg en staan jy met ‘n leë bottel in jou hand en skrik wakker van jou eie stem wat op iemand skree. Ander soek dit in geld, posisie en besittings. Ander soek dit in die trotswees om vir iemand iets te beteken. Sommiges soek die antwoord in boeke en in studies. Jy weet so baie – hoe kan ander ooit reg wees? Nie lank nie en hoogmoed het stil-stil in jou binnekant kom woon.
Party wil ‘n punt bewys. Party wil die argument wen. Party wil meer hê. Party wil mag behou. Party wil gehoor word. Party wil hul eie ego streel. Party wil belangrik voel. Party wil praat.
En daaragter? Die soeke na ware geluk en tevredenheid.
Op al die verkeerde plekke.
Glo jy nog in God, liewe Christen? Besef jy waaroor dit werklik gaan om in Jesus se voetspore te volg? Glo jy werklik in dit wat Jesus vir ons geleer het oor waarin ware geluk lê?
- Jy sê jy glo in God, maar eintlik glo jy in jouself.
- Jy noem jouself ‘n Christen, maar eintlik ken jy nie die geheim van Jesus se lesse nie.
- Jy vertel vir almal wat die Bybel sê, maar die liefde van God se Woord leef nie in jou hart nie.
- Jy blameer almal, maar haal nie die balk uit jou eie oog nie.
Ons soek op die verkeerde plekke na geluk en dit is besig om lewens te verniel.
Mag ons besef wie God is.
Mag almal Sy Woorde verstaan.
Dan sal ons ophou om op die verkeerde plekke na geluk te soek.