Oor hierdie man sal ek roem
Geskryf deur Ds. Wouter van Wyk
Meeste van ons is geneties gerat om pyn te vermy. Dis natuurlik een van ons oorlewingsmeganismes. As ons dit nie gehad het nie, sou ons nooit geleer het om vir leeus bang te wees of om nie van afgronde af te spring nie. Terselfdertyd beteken dit vir ons dat pyn ‘n noodsaaklikheid is om te bly leef.
In baie van ons is daar diep pyn in ons lewe weggesteek. Pyn wat ons al jare lank saamdra. Pyn wat dikwels op onverwagte tye en plekke weer sy kop uitsteek. Ons het dan almal verskillende maniere om hierdie pyn te hanteer. Dalk hanteer jy dit deur vinnig ‘n grappie te maak en die onderwerp te verander. Dalk hanteer jy dit deur vir jouself ‘n ekstra dop te skink. Dalk hanteer jy dit deur te fokus op alles anders wat verkeerd is in die wêreld en die res van ons daarvan bewus te maak. Dalk hanteer jy dit deur dit eenvoudig te sluk en in stilte aan te gaan met jou werk terwyl jy jou wonde lek in die hoop dat die gevoel van verlies en seer sal verbygaan.
As ‘n gelowige raak ek meer en meer bewus daarvan dat pyn en verlossing hand aan hand loop. Die kruis en die opstanding is een. Dit is om trauma en triomf in een hand vas te hou. Geloofsvolwassenheid is êrens te vinde by die plek waar hemel en hel mekaar ontmoet.
Dit is ook hoe ek Paulus se brief aan die Korinte verstaan. Dit is by hierdie gemeente waar Paulus weggejaag en verwerp is. Dit is by hierdie gemeente waar sy menswees en integriteit betwyfel is. Dis hier waar Paulus diep pyn beleef het. Dit is by hierdie gemeente waar daar op sy tekortkominge as apostel gefokus is en teen hom gehou is. Tog is dit ook in hierdie brief waar hy nie daarvoor terugdeins nie. In plaas daarvan om sy CV te probeer verdedig, erken hy eerder sy swakheid.
Dit is die teenstem van die evangelie. Dit is die boodskap waarmee ek daagliks sukkel en wat ek telkens oor en oor moet leer. Wanneer ek swak is, is ek sterk. Hoe anders dink ons wêreld nie hieroor nie? In ons wêreld is die boodskap anders. Want iemand wat sterk is, vermy pyn. Iemand wat sterk is, is in beheer. Iemand wat sterk is, kom oor hulle seerkry.
Paulus leer my dat jy nie “oor” jou pyn of verlies kom nie. Dit bly deel van jou. Jy werk nie “deur” jou pyn asof dit iets is wat jy nou hanteer en dan nooit weer aan aandag hoef te gee nie. Jy werk eerder “saam” met jou pyn. Om dit te kan doen en staande te bly, is die definisie van genade. Dit is in hierdie spasie waar jy God se teenwoordigheid en krag die diepste beleef. Dis in hierdie spasie waaruit opstanding en nuwe lewe spruit.
“Daarom is ek bly oor swakhede, beledigings, ontberings, vervolging en moeilikhede ter wille van Christus, want as ek swak is, is ek sterk.” (vers 10)