Ontvang die koninkryk soos 'n kind
Markus 10:15
Geskryf deur Ds. Karin Steyn
Hierdie gedeelte word in al drie die Sinoptiese evangelies opgevolg met die verhaal van die ryk jong man; die jong man met die mooi lewe wat volgens God se wet geleef het. Tog wou die jong man weet wat hy nog moet doen om die koninkryk van God te ontvang. Kan ek dit weer sê? Hy wou weet wat HY moet DOEN - self kan doen. En toe hy die antwoord hoor, kon hy dit nie doen nie en gaan hy hartseer van Jesus af weg ...
Van kleinsaf leer ons hoe belangrik dit is om dinge te “vang” – balle, somme, geleenthede, grappe. Hierdie "waardes" word dikwels in ons geestelike lewe gevestig . Ons probeer God "vang", begryp, uitpluis. Selfs in die kerk is die fokus meestal daarop dat óns God moet leer ken, dat óns na Hom moet kyk. Dis seker nie heeltemal verkeerd nie, maar Jesus en Paulus sê per geleentheid dat daar 'n fyn maar deurslaggewende fokusverskuiwing in ons verhouding met God is. Ons moet onsself toelaat om deur God gesien en geken te word en dat ons altyd aan die ont-vangkant van God staan.
Ek dink kerke sou veel voller gewees het as ons mense kon leer dat ons God nooit kan vang nie, bloot net kan ont-vang.
Dis nie iets wat vir meeste mense natuurlik kom nie. Kinders kry dit nog soomloos reg om met vreugde te ontvang, maar volwassenes sukkel. Dit voel nie volwasse nie. Die volwasse ding is om selfversorgend en onafhanklik te leef. Ontvang het slegte konnotasies: die ontvanger van inkomste, die bakhandbedelaar...
Jesus leer ons dat ons nie kan gee as ons nie eers ontvang het nie. Ons kan nie oorvloedig leef as ons nie eers sy in-vloed ervaar het nie. Ons is altyd kwesbaar en staan bakhand voor God - of ons nou wil of nie. Ons leef altyd afhanklik van Hom. Om van God afhanklik te wees, beteken dat ek myself sal prysgee. Om Hom toe te laat om ons nie net te sien nie, maar na ons óm te sien, is 'n geestelike oefening wat nederigheid kweek. Iemand het gesê: Miskien is die doel van ons lewe nie om ‘n klomp goed te leer nie maar eerder om alles af te leer wat ons nooit bedoel was om te wees nie.
"Maybe the journey isn’t so much about becoming anything. Maybe its about Unbecoming everything that really isn't you, so that you can be who you were meant to be in the first place” (Paul Coelho).
Die Christelike geloof gaan nie oor hoeveel ons weet nie. Dit is nie iets wat ons moet leer en verstaan nie. Dit gaan nie daaroor om ‘n reëlboek in gedagte te hou nie; om te probeer om ons lewens binne ‘n streng struktuur van wette in te pas nie. Dit gaan daaroor om ‘n persoonlike verhouding met Jesus Christus te soek en Hom te volg. Hy begeer dat ons Hom ontvang, nie net vir wat Hy ons kan gee nie, maar vir wat Hy vir ons mag wees.
Ons staan aan die einde van ons Tiendemaand en die reddingstema. Ek is na die maand net meer bewus hoe moeilik afhanklikheid is. My gebed is dat elkeen sal leer om minder op die "self" te fokus en meer in afhanklikheid van Hom sal leef.
“Geseënd is die wat weet hoe afhanklik hulle van God is, want aan hulle behoort die koninkryk van God.”