Die ware wingerdstok!
Johannes 18:1-8
Geskryf deur Dr. Zander van der Westhuizen
Ek gaan elke jaar saam met ‘n groep lidmate op ‘n retreat. In die pragtige omgewing van die Wieg van die Mensdom, by die Origins Retreatsentrum, spandeer ons die naweek in rus, vrede en stilte. In wese is dit ‘n tyd om asem te haal en te reflekteer. Dit bied ‘n paar oomblikke om in jouself weer stil te word en na te dink oor wie jy is.
In hierdie stille refleksie vind die Here jou. Hy reik onverwags na jou toe uit in die stiltes, die sonsondergange en die wind wat saggies deur die hoë populierbome waai.
Ons het in 2020 die naweek tyd met die bekende woorde van Jesus spandeer: “Ek is die wingerdstok, julle die lote”.
Knyp tyd af om stil te word en na te dink oor die betekenis van hierdie woorde in jou eie lewe.
Jy kan nadink oor lewe. Die wingerdstok is geplant. Dit moet water hê en dit behoort vrug te dra as dit gesond is. In dit is daar lewe. Hierdie lewe is Jesus. Ons is aan Hom verbind. Sonder Hom kan ons nie werklik lewe nie. Ons kan nie vrugte dra nie. Ons kan nie iets vir ander beteken nie. Lewe jy vanuit jou verbintenis met Jesus?
Jy kan nadink oor groei. Die lote word gesnoei om te kan groei. Gesonde lote dra meer vrug wanneer hulle gesnoei word. Waar daar eens ‘n dooie takkie was, loop daar weer nuwe lewe uit. Hoe groei jy? Laat jy die Here toe om met jou te werk? Gee jy vir die Here kans om te snoei waar nodig sodat jy ook vrug kan dra?
Jy kan nadink oor verbintenis. Jesus sê as jy in Hom bly en sy woorde in ons, dan sal ons kry wat ons vra. Hoe sou dit moontlik wees? Iemand wat in ‘n verbintenis met Jesus leef, lewe in harmonie met sy wil. Sy wil is nie anders as my wil nie. My wil is nie anders as sy wil nie. Wat ek ookal bid, sal sy wil wees. Lewe jy elke dag in so ‘n noue verbintenis met Jesus dat jou wil en sy wil een is?
Uiteindelik is die sigbare bewyse van ‘n lewe wat met Jesus s’n vervleg is die vrugte wat ons dra. Dié vrugte verheerlik die Vader. Mense sal kan sien as jy elke dag vervleg met Jesus leef. Dit sal duidelik sigbaar in jou dade wees - dade van liefde.
Mag ons almal hierdie week nader aan Jesus leef.