Om werklik te kan sien
Geskryf deur Dr. Zander van der Westhuizen
Dit gebeur maklik dat jy kyk maar nie sien nie.
Jy kyk vir die persoon voor jou, maar jy sien nie die emosies wat in haar oê wegkruip raak nie. Jy kyk hoe iemand met jou gesels, maar jy sien nie sy liggaamstaal wat 'n dieper boodskap kommunikeer raak nie. Jy kyk vir die arm man op die straathoek, maar jy sien nie die storie in sy klere raak nie.
Die lewe speel voor ons af. Ons kyk daarvoor maar ons sien nie. Die betekenis en die dieper narratiewe vlieg verby ons besige lewens. Ons oë is moeg. Tussen die sintuie mis ons dít wat ons dikwels in die gesig staar.
Hierdie maand pak ons die moeiliker tema oor die misterie aan - die onbekende wat bo ons begrip is. Ons dink na oor die God wat groter as ons verstand is.
Dit laat my wonder. As ons so maklik dit wat voor ons is nie raaksien nie, hoeveel te meer mis ons die Een wat ons nie kan sien nie? As ons so sukkel om te verstaan wat ons met die oog kan sien, hoeveel te meer is ons verstaan van wie God werklik is nie maar beperk nie?
Ek lees die boek van Richard Rohr, "The Universal Christ". Die boek begin met die storie van Caryll Houselander wat iets oor die misterie van God besef terwyl sy op 'n ondergrondse trein ry. Een "normale" dag het sy bloot om haar gekyk en werklik die mense om haar gesien. Sy vertel dat, vir eerste keer, het sy in elke mens om haar iets van Christus se liefde, pyn, lewe, dood en opstanding gesien. Op 'n manier is ons almal na God se beeld geskep. Op 'n manier is Christus sigbaar in ons mens-wees sonder dat ons dit self besef. As 'n Christen het sy geleer dat om Christus in elke mens te sien 'n totale ander effek op haar siening van ander mense gehad het. Ons is verbind aan mekaar. Deur Christus in ander te sien het haar gedrag en gesindheid teenoor ander verander.
Ek vra myself af of ek werklik sien. Sien ek werklik die God wat groter as my verstand is om my raak? Of is ek so toe, so eng, so vas in my begrip dat ek nie meer sien nie? Sien ek Christus in die skepping of kyk ek verby die teenwoordigheid van God orals om my?
Sien jy nog?