Is jy 'n gloeilampgrappie?
Psalm 42 & 43
Geskryf deur Ds. Wouter van Wyk
Almal ken die gloeilampgrappies.
Ek noem ‘n paar voorbeelde:
Hoeveel blondines neem dit om 'n gloeilamp om te ruil? Antwoord: vyf - een om op die leer te staan en die gloeilamp vas te hou en vier om die leer in die rondte te draai, of
Hoeveel Boerseuns vat dit om 'n gloeilamp om te ruil? Antwoord: nie een nie, want Boerseuns is nie bang vir die donker nie!
In die Hervormde Kerk het ek altyd van die volgende een gehou: Hoeveel Hervormers vat dit om 'n gloeilamp om te ruil? Die antwoord: tien - net een om die gloeilamp om te ruil en nege om te sê hoe baie hulle nou eintlik van die ou gloeilamp gehou het.
Al hierdie grappies sê niks oor die gloeilamp nie, maar eerder oor die stereotipe van die mense wat die gloeilamp ruil. Die fokus van die grappies is dus nie op die lig nie maar op die mense onder die lig.
Veral wanneer dit met ons sleg gaan, raak ons so maklik vasgevang in alles wat verkeerd is onder die lig. Ons sien mekaar se foute raak, ons teken vir onsself donker prentjies van die toekoms en ons raak ongeduldig met mekaar en ook met God.
Psalm 42 en 43, wat eintlik een psalm is wat deur dieselfde outeur neergepen is, het ook hierdie selfde geneigdheid. Ons sing so graag “Soos ‘n wildsbok wat smag na water”. Die mooi melodie laat ons nie altyd besef dat dit eintlik ‘n ernstige klaagpsalm is nie. Die refrein wat herhaal:
“Waarom kwyn jy weg, my siel,
en is jy so onrustig in my?
Hoop op God,
want ek sal Hom weer prys
vir die verlossing
wat sy teenwoordigheid bring (Psalm 42:6 – Nuwe Direkte Vertaling)
In die volgende psalm, Psalm 43, verander die hele trant van die klaagpsalm met die woorde:
“Stuur u lig en u waarheid; laat dit my lei.” (Psalm 43:2)
Ons maak dikwels van geloof ‘n gloeilampgrappie. Die fokus in ons geloofslewe is dikwels “onder” – daar waar ons vasgevang is in ons eie probleme en bekommernisse. Ons probeer alles in ons eie lewe self beheer en bepaal en raak dan kwaad vir God wanneer dit nie uitwerk soos ons dit graag wil laat uitwerk nie. Psalm 42/43 kry dit egter reg deur te vra vir die lig. Die fokus is daar “bo”, op God, en nie hier “onder” op ons nie.
Dit is hoe die digter moed skep en hoop kry. Dit is hoe die digter uit sy negatiwiteit ontsnap. Wanneer jou fokus op God is, sien jy die lig skyn op plekke wat jy vroeër as donker beleef het. Jy sien geleenthede waar ander nederlaag sien. Jy sien dankbaarheid waar ander tekort sien. Jy sien hoop waar ander sonder hoop is.
Ons is mense van die lig, wat loop in die lig en wat lig help skyn hier op aarde.
Stuur u lig en waarheid, Heer. Laat dit ons lei.
Genade en vrede
Ds. Wouter