Daar is lewe in eenvoud
Die Onse Vader
Geskryf deur Dr. Zander van der Westhuizen
Die reën wat saggies op die dak val.
Die glimlag as die koffie geurig proe.
Die hand wat saggies aan myne raak.
Die gevoel as jy na ‘n lang dag stil word.
Die reuk van vars gebakte brood.
Die sug van verligting met goeie nuus.
Daar is lewe in eenvoud.
Die Onse Vader-gebed is eenvoudig. Die rede? Dit gee lewe waar ons nie woorde het nie. Dit vul ons hart met ‘n sug van verligting dat ons in ons Vader se hande is. Dit nooi ons in ‘n denkwyse van ‘n ander koninkryk in. Dit vervang ons aanhoudende neiging om alles te oordink met eenvoudige herhaling – ‘n mantra – wat my herrinner aan eenvoud.
Die eerste drie bedes gaan oor ons Pa. Ons begin eerder by Hom as by ons. Ons bid dat ons iets van sy wêreld se eenvoud eerste sal stel. Ons vra sy hart en denke in ons eie dag. Ons erken dat daar ‘n stel waardes is wat beter is as myne. Die eerste drie bedes sit ons ego op die regte plek. Ons moet onthou wie ons is en wie Hy is.
Die tweede stel bedes gaan oor ons. Ons besef ons moet net oor vandag dink. Ons moet by die eenvoudige bly. Ons moet die mense wat oor ons pad kom op dieselfde manier hanteer as wat ons Pa dit sou doen. Daar is ‘n verbintenis tussen ons etiek en sy etiek. Dikwels is ons in die versoeking om van daardie pad af te dwaal. Net Hý kan ons hiermee help.
Ons bid hierdie gebed oor en oor want dit is ‘n eenvoudige gebed. Nêrens in die gebed is die woord “ek” te bespeur nie. Dit is nog ‘n eenvoudige herinnering dat ek nie alleen is nie. Ek is deel van ‘n “ons” - ‘n “ons” wat God Pa mag noem.