Ons storie
Lukas 23: 1 – 49
Geskryf deur Ds. Wouter van Wyk
Die kruisverhaal staan vir ons as Christene sentraal. Daar is geen groter storie as hierdie een nie. Aan die een kant kan jy die storie sien as ‘n soort fliek waarvan jy die einde ken. Jy weet mos hoe gaan die storie eindig. Hoekom sal ek ontsteld raak oor hierdie lyding as ek weet Jesus gaan weer uit die dood opstaan? Dis presies die punt!
Die krag van enige verhaal is dat ‘n mens met sekere karakters kan identifiseer. ‘n Goeie storie trek jou in. Dit maak jou deel. Dit maak dat “hulle” storie “jou” storie word. Dit wat met hulle gebeur, gebeur ook met jou. Op onsigbare wyse word jy verbind aan iets wat buite jouself staan. Slim ouens noem dit transendensie en dit bring iets anders mee - troos, vrede, sekerheid en nog baie ander dinge waarvoor ons nog woorde soek.
Oomblikke van transendensie is skaars en kosbaar.
Ek het hierdie jaar by die VOX Kamerkoor aangesluit. Ons gaan hierdie verhaal in die vorm van ‘n splinternuwe oratorium uitvoer. Ek was onvoorbereid op dit wat vir my gewag het. Na ‘n jaar van bittermin troos, vrede, sekerheid en ander dinge waarvoor ons nog woorde soek, wou ek net rustig in ‘n koor sing en musiek maak. In plaas daarvan om saam met ‘n paar ander mensies op ‘n Donderdagaand net ‘n klomp note kwyt te raak, word ek toe op ‘n diep geestelike reis geneem en kan ek die kragtigste storie van alle tye oordra.
Ek het hierdie bekende verhaal nog nooit op so ‘n manier beleef soos in hierdie stuk musiek nie. Op ‘n onbeskryflike diep manier word ék élke karakter in die verhaal. Ek is deel van die skare wat skree: “Kruisig hom”. Ek is die misdadiger aan die kruis wat smeek: “Dink aan my wanneer U in u koninkryk kom.” Ek is deel van Jesus se genade met die woorde: “Vader, vergewe hulle.” Boonop kan ek al hierdie dinge in my eie taal sing; dit maak die ervaring net meer tasbaar.
Ek ervaar die gebrokenheid. Ek ervaar die pyn. Ek ervaar die genade. Ek ervaar genesing. Ek ervaar die liefde. “Hulle” storie word “my” storie. Wanneer die laaste noot gesing word en ek kyk so rondom my, sien ek die emosie in my koormaats se oë. Dan besef ek nog iets: dis nie net my storie nie. Dis ONS storie. Ek is nie alleen nie. Iets het hier gebeur. Ek is deel van iets baie groter. Hier was transendensie.