Bang om te rus?
Matteus 11:28
Geskryf deur Olga Ludwick
Smag jy ook na ‘n bietjie rus? ‘n Uurtjie om jou storie op die TV te kyk; ‘n naweek sonder verantwoordelikhede; of dalk ‘n laaaaang vakansie. Met die skoolvakansie om die draai, hoor ek baie mense praat oor hoe hulle ook ‘n bietjie wil rus.
Maar wil jy regtig rus of is jy bang dat wanneer jy vir ‘n oomblik ophou om besig te wees jy nie weer gaan begin nie?
Atlete ken die gevoel. Daai gevoel wat jou hele liggaam oorneem na ‘n harde kardio-sessie. Alles het goed gegaan. Jy het ‘n goeie ritme gehad en ‘n goeie pas behou. Dan stop jy skielik en wat gebeur? Jy hyg skielik na asem, jou vel voel klam en jou hart voel of dit uit jou bors gaan spring. Tydens die oefening was alles nog okay, maar die oomblik toe jy ophou, tref die ‘paw-paw’ die ‘fan’. Werkverslaafdes en meesters-op-die-uitstelkuns ken ook hierdie gevoel. Hulle is bang vir hierdie gevoel en beskou dit as ‘n teken van onfiksheid en dus ook ‘n swakheid.
Fiksheidkundiges weet egter dit is goed om soms op so ‘n hoë vlak te oefen, maar dat dit nie gesond is om vir meer as agt minute aaneen op so ‘n hoë vlak te oefen nie. Rus en herstel is ‘n uiters belangrike deel van ‘n goeie oefenprogram, want dit gee die liggaam kans om weer die energiestore vol te maak en voor te berei vir die volgende oefeninge. Al beteken dit ook dat jy soms die natuurlike aksie van ‘n wild-kloppende hart, hygende asemtekort en sweetdruppels moet ervaar.
Ons begryp hierdie ritme van oefening op ‘n instinktiewe vlak, maar ons worstel om hierdie ritme in ons groter lewensprentjie toe te pas. Ons wil graag rus. Ons besef ons het dit nodig, maar ons gun nie onsself daardie kans nie. Netnou besef ons ons is uitasem en moet van vooraf die regte ritme vind.
Ek dink die Here weet dat die mens so ‘n rusteloosheid het, want plek-plek in die Bybel, word ons herinner aan rus - sommer van die begin van die Bybel af. In Genesis 2 lees ons dat God gerus het nadat Hy die kosmos geskep het. Later in die Boek lees ons in Matteus 11:28 “Kom na my toe almal wat uitgeput en oorlaai is, en Ek sal julle rus gee.” Ons lees selfs in Jesus se verhaal van al die kere wat Hy gerus het, bv. Jesus wat op die boot tydens ‘n storm slaap (Matt. 8:24).
In Rigters 6-8, die verhaal van Gideon, vind ons ook die tema van rus. Daar was ‘n tyd van rus wat verby gegaan het. Telkens het God vir Gideon gerusgestel (6:28); wanneer Gideon ‘n altaar vir God bou, noem hy die altaar: Die Here gee rus! (6:24); en na die oorwinning teen die Midianiete was daar weer ‘n tyd van rus (8:28).
Almal voel beter nadat hulle gerus het. Na ‘n bietjie rus, dink en sien mens sommer ook beter; sien ons weer raak dat God by ons is en eintlik nog al die pad by ons was. Goeie rus; ‘n ritme van rus – is heilig… Dis nodig.
Mag jy ‘n ritme in jou lewe ontdek waarvan rus deel is. Vernuwende rus. Herstellende rus. Heilige rus.