‘n Fyn balans tussen individueel en saam
Geskryf deur Dr. Zander van der Westhuizen
Ons begin hierdie week met ons nuwe “Spring”-reeks. Terwyl ek Sondag tydens die erediens daaroor praat, het ek net weer besef hoe groot die verantwoordelikheid is om na jouself om te sien - veral nou . . . Die proses om “innerlik sterk te word” lê geheel en al op my skouers en is totaal afhanklik van die Here se genade in my lewe. Hy bied dit aan; ek moet reageer.
Niemand anders is verantwoordelik vir my geestelike lewe nie. Niemand anders behalwe ekself. kan eienaarskap neem vir my verhouding met die Here nie. Ek moet die uitnodiging van die Here, wat sy hand na my toe uitsteek, aanvaar. Ek moet self die besluit neem om in my geestelike lewe te belê. Dit mag beteken dat ek moet deelneem aan ‘n reeks, dat ek tyd moet maak vir Bybelstudie en gebed, dat ek na geestelike inhoud moet luister of lees, dat ek ‘n kursus moet bywoon of dat ek doodgewoon net weer moet kies vir die Here in my lewe!
Dít gesê.
Daar is ook ‘n ander kant.
Die Bybel maak baie min van ‘n persoonlike of individuele geloofslewe. In Bybelse konteks is jou geloofslewe in die eerste plek gedefinieer binne ‘n groep: “ons” dien die Here, “ons” getuig van die Here en “ons” is die kerk. Nooit “ek” nie. In die Bybel is dit ondenkbaar om ‘n geloofslewe totaal op my eie te beoefen. Dít is ‘n westerse idee en ‘n produk van die modernisme. Die Bybel leer ons dat jy eers deel is van ‘n geloofsfamilie en dan, vanuit hierdie “saam-wees”, ook na jouself kyk as ‘n individu. Nooit andersom nie.
Dit is hoekom die kerk so belangrik is.
Ons moet altyd ‘n balans handhaaf tussen ‘n geloofslewe wat té individualisties raak en ‘n geloofsgemeenskap sonder individuele geestelike diepte.
Die tye in my eie geestelike lewe wanneer ek die meeste diepte bereik het, was ‘n kombinasie van ‘n persoonlike reis binne die gemeenskap van ‘n groep medegelowiges. Vroeër hierdie jaar het ek dit weer tydens ons dissipelskapkursus beleef. Ons was ‘n klompie gelowiges wat saam aan ons geloofslewe aandag gegee het. Tussen byeenkomste moes elkeen persoonlike opdragte uitvoer. Dan het ons weer bymekaar gekom om by mekaar te leer, vir mekaar te bid en mekaar uit te daag. Ons kon binne ‘n veilige omgewing ook bely en raad vra.
Ek het naby die Here gevoel en sy teenwoordigheid individueel beleef, maar ek het ook nader aan my geloofsfamilie gevoel. Sonder die Bybelse balans van ‘n liefde vir God en liefde vir jou naaste sou ek nie só gegroei het nie.
Dit is belangrik dat jy die besluit neem om in jou geloofslewe te belê, maar ook om dit nie alleen te doen nie. Maak seker jy neem die inisiatief om te sorg dat daar ook ‘n ruimte in jou lewe is om saam met ander medegelowiges in jou geloof te groei.
Doen dit nou!
Voor jy jou oë uitvee, het maande verby gegaan sonder dat jy enigsins op die belangrikste deel van jou lewe gefokus het.