Wysheid is 'n vrou
Spreuke 7:1-6
Geskryf deur Ds. Wouter van Wyk
“The only thing about common sense, is that it’s not so common.”
Die bekende krieketkommentator, Mike Haysmen, gebruik gereeld hierdie spreekwoord. Om een of ander rede gaan dit die afgelope ruk ook gereeld deur my gedagtes. Wanneer ek kyk na simpel, onverklaarbare reëls, na intelligente mense wat vernietigende lewensbesluite maak, na sosiale media en die nuus, dan blyk dit asof hierdie uitdrukking tans baie waar.
Die Bybel het ʼn woord vir “common sense”. Die Bybel noem dit wysheid. Die woord wysheid en die wysheidstradisie wat daarmee gepaard gaan, is egter veel meer as net slimmigheid of piëtistiese raad. Om in wysheid te leef is om direk aan die kern van die kosmos gekoppel te wees. Dit is om die bedoeling van die skepping te onderskei en dan daarmee in harmonie te leef. Soms maak mense die fout deur wysheid en intelligensie te verwar. Wysheid is nie dieselfde as intelligensie nie. Dit is nie boekekennis nie. Enige iemand kan met wysheid leef en wysheid ontvang.
Interessant is dat wysheid dikwels as ʼn vrou getipeer word. Die beeld word soms gebruik dat wysheid ‘n vrou is wat jou roep om iets van die lewe raak te sien.
Spreuke, wat hierdie tradisie se grondbeginsels op skrif stel, gebruik ook hierdie beeld. Ons lees in Spreuke 7:4 dat jy vir wysheid moet sê dat sy jou suster is. Met ander woorde dat jy haar so goed moet ken soos jou eie familie. Dat julle saam grootword. Dat sy deel is van jou hele wese. Dat sy jou DNA deel.
Maar waarom is dit so belangrik dat Wysheid so deel sal wees jou jou bestaan?
Want dit is slegs deur wysheid, wat jy werklik kan leef. (Spreuke 7:2)
Ons wêreld sluk ons so maklik in. Ons wêreld heg so vinnig waarde aan ander dinge wat nie in harmonie is met die skepping nie. Geen wonder dat soveel mense ongelukkig is met die stand van sake nie. Soveel mense sal vra of dit nou dit is? Ons staan op, ons gaan werk, ons kom ons verpligtinge na en ons gaan slaap. Maar is dit die lewe? Hierdie vraag is Wysheid wat jou roep. Nee, eerder terugroep na hoe die lewe eintlik bedoel is om te wees.
Dit beteken nie dat daar nie dissipline en selfopofferings moet wees nie. Dit beteken nie dat die lewe net ‘n gejaag na genot is nie. Dit vra egter dat ons fyn sal onderskei oor wat kern is. Eenvoudig gestel. Gee hierdie saak lewe, of steel dit lewe van jou. Die wyse persoon sal altyd die keuse maak om dit te doen wat lewe gee. Vir jouself, maar ook vir ander.
Ons het baie meer Wysheid in ons wêreld nodig. Maak Wysheid deel van jou lewe. Hoor haar roep, omarm haar soos ‘n suster en leef die lewe wat sy vir jou wil hê.