Wys jou lyf
Galasiërs 6:9 & Jakobus 2:14-26
Geskryf deur Prop. Olga Ludwick
Dink aan ‘n keer toe jy angstig was. Dalk moes jy ‘n toespraak voor ‘n groep mense lewer of moeilike nuus met iemand deel. Wat het in jou lyf gebeur?
Het jou hart vinniger begin klop?
Jou hande gesweet?
Jou maag draaie gemaak?
Angs is iets wat in jou kop is. Dit is jou gedagtes oor omstandighede waarvan jy die uitkoms nie ken nie wat maak dat jou liggaam ‘n fisiese reaksie daarop het. Jou gedagtes en emosies het ‘n fisiese uitwerking op jou liggaam.
Sosioloë het lang studies oor die teenoorgestelde gedoen: wat gebeur binne-in jou liggaam wanneer jy sekere verhoudings met jou liggaam moet inneem. Hulle het ontdek dat iemand wat vir twee minute lank ‘n liggaamshouding van mag en dominansie inneem, se testosteroon (die “krag”hormoon) verhoog terwyl die kortisol (stress-hormoon) verlaag. Wanneer iemand vir twee minute lank hulle liggaam “verklein”, verlaag hul testosteroon en verhoog die kortisol.
Die studie het bewys dat dit wat jy met jou liggaam doen – iets so eenvoudig soos om vir twee minute lank in dieselfde posisie te sit – ‘n kragtige uitwerking het op die chemiese samestelling van jou liggaam. Dit kan maak dat jou idee van wie jy is, verander. Dit kan jou verhouding met ander mense verander.
Ek vermoed die antieke mense het reeds iets hiervan besef. Ons lees oral in die Bybel hoe gelowiges deur hulle liggaamshouding uitdrukking gee aan dit wat in hulle binneste gebeur. Ons sien dit ook in Jesus se lewe.
Daar was twee maniere waarop ‘n mens iets by Jesus kon leer: jy kon na Jesus luister, óf jy kon kyk wat Hy doen.
Jesus het ons kom wys dat geloof nie net ‘n warm gevoel in jou hart is nie. Dis nie net iets wat jy dink en van oortuig is nie. Dis iets wat maak dat jy dinge anders doen.
Dit is juis die feit dat Jesus vir mense geleer het dat ‘n lewe saam met God maak dat jy dinge anders doen; wat ook gemaak het dat mense deel geword het van die geloof. Dit wat jy doen, is dit wat jy glo.
Jakobus 1:14 - Wat help dit, my broers, as iemand beweer dat hy glo, maar sy dade bevestig dit nie? Kan so 'n geloof 'n mens red?
Galasiërs 6:9 – Laat ons daarom nie moeg raak om goed te doen nie, want as ons nie verslap nie, sal ons op die regte tyd oes.
Dit wat in ons hart is, moet posvat in ons lewe, want dit wat ons met ons lyf doen, maak dat iets binne-in ons gebeur. Gebruik jou lyf – wys wat jy glo.
Mag jou dade jou geloof verklap. En mag jou dade en jou gemeenskap ook jou geloof versterk.