Feeste en tempels
Jesaja 55:1-13
Geskryf deur Ds. Wouter van Wyk
In die antieke tyd is daar feeste gevier elke keer wanneer ‘n tempel voltooi is. Dan sou al die mense bymekaar gekom het en saam geëet het. Die voltooiing van ‘n tempel sou vir hulle ‘n simbool van vooruitgang en sekuriteit gewees het. Hierdie gode kyk nou na die stad en verseker die stad se vooruitgang.
Israel het nie anders hieroor gedink nie.
Vir die Jode wat egter in ballingskap gesit het nadat die Babiloniërs hulle weggevoer het en hulle tempel platgeslaan het, was dit egter ‘n moeiliker pil om te sluk. Hoe kon dit gebeur dat die God van Israel, met die pragtige tempel in Jerusalem, hulle dan sou verlaat het. Het dit beteken dat Marduk en Nebo, die gode van Babilonië, dan magtiger was as Jahwe? Het Jahwe se teenwoordigheid finaal verdwyn omdat hulle nou in ‘n vreemde land was? Of moes hulle ‘n ander manier kry om God se werk op aarde te verstaan? Hierdie is die vrae waarmee die profeet wat hierdie gedeelte in Jesaja geskryf het, geworstel het.
Met die einde van die jaar wat nader kruip en ons gemeente se groot fees wat op ons wag, is daar vir ons baie raakpunte in hierdie gedeelte. So gereeld vra ons waarom God nie ingryp in hierdie omstandighede nie. Gereeld lyk dit vir ons of ons ook in ‘n vreemde land woon waar ander beginsels seëvier as waaraan ons gewoond is. Met groot vrae en struweling in die kerk voel dit vir baie mense asof die tempel ook hier platgeslaan word.
Daarom is Jesaja 55 so gepas. Jesaja 55 nooi hulle uit wat geen geld het nie, om saam te kom aansit by die feesmaal. Want ten spyte daarvan dat hulle in ‘n vreemde land is, is God se teenwoordigheid aanvoelbaar. Ten spyte van swaarkry en onsekerheid oor hulle identiteit, is God besig met hulle. En die boodskap is dieselfde. Die Here vergeet nie sy verbond nie (vers 3). Die Here laat Homself vind deur hulle wat Hom soek (vers 6). Dalk die belangrikste - die Here se planne is nie altyd ons planne nie (vers 8). Tog kan ons verseker wees dat God lewe gee, juis daar waar daar seer, struike en dorings is.
Vir Israel was hierdie profetiese woorde waar. Hulle is kort daarna uit ballingskap gelei. Keer op keer kon Jode terugval na hierdie waarheid. God is by ons. Altyd. Ons as Christene het vandag Jesus as die waarborg hiervan. Daarom sien ons ook hoe mense steeds kinders doop, jongmense belydenis aflê, mense tot bekering kom, gemeentelede daagliks steeds barmhartigheid bewys en nog baie ander dinge.
Daarom vier ons ook fees. Want die tempel is voltooi. God is by ons. Ons is die tempel. Jesus is die Hoë Priester. God het ons toegelaat om Hom te kon vind.
Genade en vrede
Ds Wouter