Baie geluk!
Romeine 3:21-31
Geskryf deur: Ds Wouter van Wyk
Hoe gereeld het jy al die uitdrukking “baie geluk” gebruik?
Baie geluk met jou keuring vir universiteit.
Baie geluk met jou atletiekprestasie.
Baie geluk met jou verlowing.
Baie geluk met die aankondiging van jul swangerskap.
Ons gebruik al hierdie uitdrukkings wanneer mense een of ander vorm van prestasie behaal het waar hulle hulself onderskei het. Hierdie twee woorde vorm ‘n goeie en belangrike funksie in ons taal. Elke mens het nodig om erkenning in hul lewe te kry. Elke mens het nodig om gewaardeerd te voel.
Na ‘n gesprek met iemand na aan my, het ek egter begin wonder of Paulus die uitdrukking so gereeld sou gebruik...
Ons kan die oorsprong van die woord terugtrek na hul Latynse wortels. In Latyn sou hulle sê “congratulari”. Letterlik beteken dit “met (con) vreugde” (gratulari). Dis natuurlik ook waar die Engelse weergawe van die woord “congratulations” vandaan kom.
Ek wonder of Paulus nie meer sou gehou het van die uitdrukking “con gratia” (met genade) nie.
In die brief aan die Romeine is dit een van die hoofpunte wat Paulus probeer maak. Ons is vrygespreek. Ons staan in die regte verhouding met God. Ons sondes word vergewe. Al hierdie dinge gebeur nie op grond van iets wat ons doen nie. Dit gebeur nie omdat ons onsself van ander onderskei het deur prestasie nie. Dit gebeur deur genade (gratia).
“Want daar is geen onderskeid nie: Almal het trouens gesondig, en die eer aan God ontbreek by hulle; en tog word hulle goedgunstig op grond van sy genade vrygespreek deur die bevryding in Christus Jesus” (Rom 3:22-23 – Nuwe Direkte Vertaling)
Genade bring God dadelik in die speelveld in. Genade maak ons dankbaar en dankbaarheid lei op sy beurt weer tot vreugde. Nie ‘n kortstondige vreugde wat verdwyn sodra die prestasie vergeet word nie maar ‘n vreugde wat jou hele wese in besit neem. ‘n Vreugde wat nie afhanklik is van prestasie of omstandighede nie maar eerder gegrond is op die goedheid van God. God wat deurgaans in goed en in sleg teenwoordig is. Hierdie teenwoordigheid van God lei op sy beurt na vrede. ‘n Vrede wat ons verstand te bowe gaan.
Hierdie is nié om te sê dat ons nie ons prestasies en groot lewensoomblikke moet vier nie. Dalk moet ons net in ons taal ook onthou dat genade vir ‘n gelowige die deurslaggewende rol speel. Ons moet onthou dat daar baie dinge in ons lewe is wat niks met ons eie prestasie te make het nie. Selfs dit wat ons wel deur harde werk en deursettingsvermoë kon vermag, is dikwels ook net deur genade.
Baie geluk met jou keuring vir universiteit – met genade.
Baie geluk met jou atletiekprestasie – met genade.
Baie geluk met jou verlowing – met genade.
Baie geluk met die aankondiging van jul swangerskap – met genade.