Water
Johannes 7:37-39
Geskryf deur Dr. Zander van der Westhuizen
Die wolke trek saam. Die reën val en die aarde sluk dit in. Dit stroom in die paaie af. Tussen deur gras en bome spoel dit weg in slote en gate. Die lug word gesuiwer en die stof verdwyn. Ons drink dit om ons dors te les. Dit weerkaats die sonskyn en die lig. Dit skep nuwe lewe.
Die afgelope tyd is reën omtrent weekliks (selfs daagliks) deel van ons lewe. Oppad skool toe ry ons deur die modder. Ons tuine is groen en ons moet meer gereeld gras sny. Ons sien dakke wat lek en potte wat oorloop van water. Dit vloei deur ons beddings en maak weer houers, swembaddens en tenks vol.
Ek is nog altyd gefasineerd deur water. Wanneer dit reën is ek bewus van God se seën. Asof dit uit die hemel val. Soos 'n teken wat my aan genade herinner. Dit vul weer my hart met dankbaarheid.
Ons beleef die week wat gebeur as dit opraak. As ons dors word en water nie meer deur ons krane vloei nie, dan is ons benoud. Sonder water kan ons nie leef nie. Sonder water kan ons nie skoon word nie. Ons kan nie afspoel, was of natmaak nie. Ons is oorgelewer aan dieselfde vrees van mense wat vir dae deur 'n woestyn moet loop sonder water.
Jesus stap deur die huttefees. Die fees het baie rituele gehad, maar een van die mooistes was die gebruik om water vanuit die tempel te laat afvloei deur die strate van Jerusalem. Dit was 'n teken van die Here se seën. Jesus sien hierdie ritueel en sê vir die mense: "As iemand dors het, laat hy na My toe kom drink". Natuurlik 'n geestelike opmerking. Later sê Hy: "Stromende lewende water sal uit sy binneste vloei". Hiermee verwys Hy na die Gees.
Wanneer ek en jy ons geloof in Jesus plaas gebeur iets besonders. Die Here werk deur ons soos wat water uit fonteine uitborrel. Sy Gees is sigbaar deur ons. Mense wat dit sien word herinner aan water. Soos die reën wat ons die afgelope tyd beleef. Soos die nuwe lewe. Soos die groen oral om ons.
Is dit wat mense by jou beleef?
Water? Stromende lewende water uit jou binneste?
As jou fontein opdroog of as die water wat deur jou vloei opraak, nooi Jesus jou: Kom drink by my!